Mitch klap sweep ná Bulle se loesing
Rugby
Cobus Claassen - RG Snyman gee te kenne dat Dinsdagoggend se terugvoersessie met John Mitchell, die Bul-breier, 'n taai affêre was.
Dit is toe daar by Loftus Versfeld bestekopname gedoen is ná Saterdag se groot loesing van 24-54 in die Superrugby-reeks teen die Jaguares in Buenos Aires.
Mitchell het agterna geen heilige koeie gespaar nie en gesê daar was geen positiewe aspekte in die vertoning nie.
“Ja, dit was 'n taai sessie. Hy (Mitchell) was egter billik met sy terugvoering. Ons almal weet dit was nie ons beste nie.
“Dit is nie die einde van die wêreld nie, maar ons verstaan ook ons kan nie weer so speel nie,” sê Snyman.
Die Jaguares op hul tuisveld is nie jou speelmaat nie, benadruk die 23-jarige Bul-slot.
“Dit was my eerste keer dat ek daar gespeel het en dit was nie maklik nie. Dit is 'n lang reis soontoe en 'n vyandige atmosfeer om in te speel, maar dit is nie veronderstel om 'n verskoning te wees nie.”
Snyman sê hulle het met 'n paar skete en kwale uit Suid-Amerika teruggekeer, maar met die Brumbies wat Saterdag op Loftus wag, word daar volstoom beplan vir die ontmoeting.
“Die Brumbies is een van Australië se sterkste spanne en hulle speel slim rugby.
“Ek dink ons het goed voorberei vir die Jaguares, maar ons was Saterdag nie waar ons moes wees nie. Dit maak ons honger om te wys dat ons 'n baie beter span is.”
“Wanneer jy die dag 'n 50-tal afstaan, sou jy die aanname maak dat die span se selfvertroue houe gevat het.
Snyman sê hulle is nie bekommerd daaroor nie.
“Ek dink wat so teleurstellend is, is dat ons sover vanjaar nog in elke wedstryd goed meegeding het, maar ons was nie Saterdag in die wedstryd nie.
“Coach is uitstekend daarmee om die druk op hom te neem en nie toe te laat dat daar angstigheid onder die spelers posvat nie. Dit maak 'n groot verskil.”
Met die Springbok-slot Lood de Jager wat in alle waarskynlikheid weens 'n geskeurde borsspier eers in 2019 weer sal speel, is die onus op Snyman en Jason Jenkins om sy skoene vol te staan.
Dit is onafwendbaar dat die Springbokgroep, wat Saterdagaand aangekondig sal word, in Snyman se agterkop sal wees.
“Ek sal natuurlik graag die span wil haal, maar ons het eers 'n taak wat afgehandel moet word. Ek en Jason besef dit kan dalk 'n belangrike vertoning vir ons wees.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie