'Missiel gevuur op heilige stad Mekka'
''n Missiel is afgevuur op die heilige stad Mekka, maar is betyds deur Saoedi-Arabiese magte onderskep voordat dit Islam se heiligste terrein getref het.
Yemen se Houthi-rebelle word daarvan beskuldig dat hulle die missiel Donderdag gevuur het.
Die Hoethi-rebelle is daarvan beskuldig dat hulle die langafstand ballistiese missiel van sowat 500 kilometer oor die grens geskiet het met Mekka as die teiken.
Die Hoethis en hul gasland, Iran, het dit sterk ontken.
Die militêre koalisie wat deur Saoedi-Arabië gelei word en wat die pro-regeringsmagte in Jemen help in hul konflik met die Sjia-vegters, sê die missiel is onderskep en vernietig voordat dit skade kon doen.
Die is gedoen net sowat 65 km voor Mekka, tuiste van Islam se meeste heilige gebiede.
Dit sou die verste teiken nog in Saoedi-Arabië wees wat getref is in die konflik waarin daar al talle skermutelings met Hoethis op die grense was.
Die Hoethis het die regering van Jemeni in 2014 omvergegooi en is in beheer van groot dele van die land, wat die hoofstad, Sanaa, insluit.
Mohammed al-Bekheity, ''n Hoethi-leier, het ontken dat Mekka die teiken was.
“Ons teiken nie burgerlikes nie en ons teiken ook nie heilige gebiede nie,” het hy gesê.
Volgens hom maak die Saoedi''s die bewerings om simpatie te kry van Moslems en die internasionale gemeenskap.
“Nadat misdade van die Saoedi''s teen Jemenies ontbloot is, is hierdie nou bewerings om die aandag op ons te vestig.
Dit is die tweede keer vandeesmaand dat die rebelle ''n missiel afvuur met daardie afstandsvermoë.
Die Saoedi''s het ''n voorraad Amerikaanse Patriot-missiele (grond-tot-lug) wat hulle al voorheen teen rebelle-missiele gebruik het.– Nampa/AFP/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie