Misdaad by beweerde selfdood ondersoek
Lede van die Namibiese polisie se eenheid vir ernstige misdaad op Otjiwarongo is deel van 'n ondersoek na 'n beweerde selfdood wat Woensdagoggend op Okakarara in die Otjozondjupa-streek plaasgevind het. Nampol se woordvoerder vir die streek, insp. Maureen Mbeha, het in 'n onderhoud met Nampa die oorledene as Gerson Kenatjizeu identifiseer. Die 43-jarige Kenatjizeu is gevind waar hy met 'n los draad om sy nek by die Ozongarangombe-nedersetting aan 'n boom gehang het. Volgens Mbeha het hy nie 'n selfdoodnota gelos nie en word 'n misdaad vermoed.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie