Minstens tien mense reeds die naweek op paaie dood

21 March 2021 | Ongelukke
Ronelle Rademeyer - Dit blyk uit voorlopige ongeluksverslae dat minstens tien mense reeds sover hierdie langnaweek op paaie in die land gesterf het.
In die mees onlangse noodlottige ongeluk die naweek, het vyf mense Saterdagnag omstreeks 23:00 onherkenbaar verbrand toe die Land Rover waarin hulle saam met twee ander mense gereis het, by Bahnhof-stasie naby Rehoboth teen ‘n versperring vasgejaag en in vlamme uitgebars het.
Adj.komm. Eric Clay, die polisie se woordvoerder in die Hardapstreek, sê twee van die insittendes kon uit die wrak kom, maar het ernstige brandwonde opgedoen. Hulle is na die St. Mary’s-hospitaal op Rehoboth vir behandeling geneem.
Hy sê die name van die oorledenes kan nog nie bekend gemaak word nie.
Dit blyk die voertuig het uit die rigting van Rehoboth gekom en het die versperring teen ‘n hoë spoed getref, sê hy.
Intussen is die name bekend gemaak van twee van die drie mense wat Vrydagoggend sodat 30 km vanaf Tsumeb onderweg na Oshivelo in ‘n botsing gesterf. Die ongeluk het gebeur toe die splinternuwe Toyota Urban Cruiser wat mnr. Erikki Natangwe Erastus (31) vir ‘n koper in die Noorde moes gaan aflewer, ‘n koedoe getref en toe in ‘n aankomende sewesitplek voertuig vasgery het.
Beide Erastus en mnr. Josef Edward (56), die bestuurder van die ander voertuig, is in die ongeluk dood. Die impak was so erg dat die koedoe onthoof is.
Volgens inligting op die WhatsApp-ongelukgroep van die Namibia Marshall Rangers, is ‘n derde persoon ook dood. Hy was ‘n passasier in Edward se voertuig.
Die polisie se nasionale woordvoerder, adj. komm. Kauna Shikwambi, kon egter net twee van die name bevestig.
Twee mense is ook dood in ‘n ongeluk Saterdag naby die afdraai na die Nautedam tussen Keetmanshoop en Seeheim. Die een is op die toneel dood en die ander persoon het onderweg na die staatshospitaal op Keetmanshoop beswyk, sê mnr. Sean Naudé van Namibia Marshall Rangers.

Foto's: Verskaf

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

3 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

4 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

4 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

6 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

10 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

21 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

21 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...