Minstens N$20 miljard se beleggings op pad
Minstens N$20 miljard se beleggings op pad

Minstens N$20 miljard se beleggings op pad

Jo-Mare Duddy Booysen
Goedgekeurde beleggers het onderneem om sowat N$20 miljard binne die volgende twee jaar in Namibië in te pomp tydens die Ekonomiese Groei-beraad wat vandag in die hoofstad ten einde geloop het.
Hiervan is N$9,5 miljard buitelandse beleggings, het mnr. Johannes !Gawaxab, voorsitter van die hoëvlakpaneel vir die Namibiese ekonomie, vanmiddag tydens die afsluiting van die beraad gesê.
Die beraad het beleggings van US$1 miljard, sowat N$14 miljard, geteiken.
Nóg N$30 miljoen se voorgestelde beleggings word oorweeg, het !Gawaxab gesê. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer