Minstens 18 dood nadat skoolgebou in Lagos ineenstort
Reddingspogings duur gister in Lagos, Nigerië, voort nadat 'n drieverdiepinggebou wat 'n kleuterskool en laerskool huisves Woensdagoggend ineengestort het.
The Nation berig minstens 18 mense is dood en talle is in die puin begrawe.
Die koerant berig verder dat die Lagos State Emergency Management Agency (LASEMA) aangedui het dat 41 mense Woensdag gered is.
Die Ohen Nursery and Primary School was op die eerste en tweede verdiepings van die gebou geleë, berig Premium Times.
Die grondverdieping is as woonstelle gebruik.
Ooggetuies sê dat dit meestal leerlinge was wat vasgekeer was.
Jide Idris, Lagos se staatskommissaris vir gesondheid, het bevestig dat 18 mense in die ramp dood is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie