Ministerie waarsku oor fopnuus
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie het die publiek gerus gestel dat geen regulasies aanvaar is om mense se selfone en kommunikasieplatforms te monitor nie.
In ‘n verklaring sê die waarnemende permanente sekretaris, me. Roselia Penda, ‘n boodskap in die verband word op WhatsApp versprei wat nie waar is nie.
“Die ministerie wil dit duidelik maak dat sulke regulasies nie aanvaar is nie en dit nie in die besit van ‘n stelsel is wat met die publiek se selfone verbind is nie. Die ministerie monitor ook nie telefoonoproepe en sosialemedia-aktiwiteite van burgers nie. Die WhatsApp-boodskap wat tans sirkuleer en aandui dat alle oproepe opgeneem word en sosialemediaplatforms soos onder meer WhatAapp, Twitter en Facebook gemonitor word, is inderdaad fopnuus.”
“Die ministerie raai die publiek aan om versigtig te wees vir sodanige boodskappe aangesien dit deur mense met ‘n agenda geskep word wat vrees wil inboesem en die vrede wil destabiliseer.
“Die ministerie sal verseker dat inligting op ‘n amptelike manier deur middel van alle kommunikasieplatforms aan die publiek oorgedra word,” sê Penda.
Die ministerie het ook ‘n beroep op die publiek gedoen om op te hou om vals nuus te versprei wat die nasie mislei. Die publiek word ook gewaarsku om nie sosialemediaplatforms as ‘n “gevegsfront vir politieke karakterskending, diskriminasie, rassisme, seksisme, stamgebondenheid en enige ander euwels te gebruik om die vrede en stabiliteit in die Namibiese Huis in die gedrang te bring nie”.
“Ons het ‘n gedeelde erfenis, naamlik Namibië, waaroor ons jaloers moet waak. Laat ons nie met die naam en beeld van ons land speel nie,” versoek Penda.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie