• Tuisblad
  • Gesondheid
  • Ministerie van gesondheid ondersoek gebruik van blitstoetse vir Covid-19
Ministerie van gesondheid ondersoek gebruik van blitstoetse vir Covid-19
Ministerie van gesondheid ondersoek gebruik van blitstoetse vir Covid-19

Ministerie van gesondheid ondersoek gebruik van blitstoetse vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê die land ondersoek tans die gebruik van blits 'diagnostiese vermoëns in 'n poging om die opspoor van kontakte en die isolasie van positiewe Covid-19-gevalle te versnel.

Shangula sê die ministerie gaan bykomende voltydse gesondheidswerkers by grensposte ontplooi en in veral by die met die hoogste reisverkeer. Die ministerie ondersoek ook elektroniese en gerekenariseerde platvorms vir die bestuur van aankomende passiers en om hul verdere reise vanaf die betrokke grenspos te bestuur. Vroeë Waarskuwingsaanwysers gaan ook ontwikkel word om die tekens van 'n moontlike tweede vlaag Covid-19-gevalle vroeg genoeg te herken.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer