Ministerie skop vas teen duurder taxi's
Ministerie skop vas teen duurder taxi's

Ministerie skop vas teen duurder taxi's

Vakbonde dring aan op die verhoging van openbare vervoerkoste teen Julie, maar volgens die ministerie is dié eise onwettig.
Augetto Graig
Augetto Graig



Slegs die Namibiese Vervoer­adviesraad kan die verhoging van taxitariewe goedkeur - en boonop nie meer as 'n 10%-­verhoging nie.

Mnr. Julius Ngweda, hoofwoordvoerder van die ministerie van werke en vervoer, het gister by navraag aan Republikein gesê taxibestuurders en -eienaars se eis vir 'n styging van 50% in tariewe is “wederregtelik, onwettig en buite orde”.

Ngweda het gereageer op 'n brief wat die Namibië Vervoer- en Taxi-unie (NTTU) aan mnr. John Mutorwa, die minister van werke en vervoer, gerig het en waarin hulle eis dat tariewe in totaal met 50% verhoog word.

Vakbonde moet die wette en regulasies van hul bedryf ken en volg, het hy gesê.

“Al die jare het hulle nie die raad om verhogings gevra nie, selfs toe brandstof en ander koste gestyg het. As hulle toe met bewyse na die raad gekom het, sou hulle die verhogings net so gekry het.

“Om nou skielik met 50% te kom, is bloot onwettig en wederregtelik,” het Ngweda gesê.

Dit volg nadat taxibestuurders en -eienaars gesê het hulle kry swaar weens die voortdurende styging in brandstofpryse en toenemende lewenskostes, terwyl hul tariewe dieselfde bly.



Drie fases

Mnr. Werner Januarie, president van die NTTU sê die vakbond wil hul tariewe met 50% verhoog.

Volgens 'n brief wat Januarie op 8 Junie aan Mutorwa gerig het, moet die verhoging in drie fases plaasvind, met die eerste fase wat op 2 Julie sal afskop.

Teen 3 Desember vanjaar wil die vakbond toesien dat passasiers N$15 per taxirit betaal.

Die vakbond voer aan ­brandstofpryse het die afgelope vier jaar verhoog, terwyl taxitariewe dieselfde gebly het.

Terselfdertyd het die koste van voertuigonderhoud, motorbande, olie en ook lewenskostes gestyg.

“Ons het gesinne waarvoor ons sorg,” het Januarie gesê.

Hy was vol vertroue dat die minister­ die verhoging nie sal teenstaan nie, hoewel hy begrip het vir die vertraagde toepassing daarvan.

Januarie beplan 'n byeenkoms op 17 Junie om terugvoering aan lede en ondersteuners van die vakbond te gee oor die vergadering wat hy op 20 Mei met die minister gehad het, asook oor die voorneme om die regering in die hof voor stok te kry weens vertraagde pogings om die verouderde padvervoerwet te vervang, het hy gesê.



Geld vir regstappe

Hy het bygevoeg geld sal ingesamel moet word om die proses te bespoedig.

Volgens Januarie het die padvervoerwet sy oorsprong in die apartheidsera, wat verdeling aanmoedig en geen voorsiening vir private openbare vervoer maak nie.

“Alle private taxi's is volgens dié wet onwettig,” het Januarie gesê.

“Slegs Windhoek se munisipaliteit mag mense vervoer omdat dit 'n staatsowerheid is,” het hy gesê.

“Dié wet belemmer die ontwikkeling van die bedryf en selfs die padvervoerraad stem saam dit moet hersien word,” het hy gesê.

Die raad is egter, volgens Januarie, al die afgelope vier jaar op soek na 'n konsultant wat met die hersiening van die wet kan help.



'Misverstand'

“Die NTTU neem die laaste sewe tot tien jaar aan optog ná optog deel, maar die regering wend geld eerder aan om regsadvies te kry oor wat die NTTU vir hulle sê.

“Ons sal in die hof bewys ons was die hele tyd reg,” het hy gesê.

Volgens Januarie is die vakbond en die Namibië Bus- en Taxivereniging (Nabta) in ooreenstemming hiermee.

Hy het gesê hy en mnr. Vespa Muunda, Nabta se president, het 'n verstandhouding.

Muunda sê egter hulle vereis eerder 'n tariefverhoging van 20% in plaas van 50%.

Volgens hom was daar 'n misverstand tussen hom en Januarie.

“'n Verhoging van 50% sal te lank vat - drie maande . . . ses maande. Ons sal bewyse, soos kwitansies, moet bymekaarmaak.

“Die brief moes lees 20% omdat ons ooreengestem het om dit stadig maar seker toe te pas,” het Muunda gesê.



'Geen beweegruimte'

Hy is egter vasbeslote dat tariewe moet styg.

“Die 20% moet reeds aan die begin van Julie toegepas word. Dit is nie onderhandelbaar nie. Al sê die minister­ ook ja of nee. Taxi-eienaars en -drywers ly tans. Die tarief moet nou met 20% verhoog,” het hy gesê.

“Ons verteenwoordig taxi-eienaars en daar is 'n probleem.

“Ons het nêrens om heen te gaan om vergoeding vir drywers te verhoog nie.

“Met brandstofprysstygings, die prys van motorbande, die koste om motors te diens, en die prys van 'n rit wat dieselfde bly, is daar geen beweegruimte nie,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.54/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.51% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.95/BBP UP +0.06% | Platinum US$ 912.53/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.54/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.51% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.95/BBP UP +0.06% | Platinum US$ 912.53/OZ DOWN -0.0037