Ministerie sê oor salarisse, behuising vir leerling-dokters
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sê in ’n verklaring inligting wat op sosiale media versprei word oor die werwing en uitplasing, vergoeding en verskaffing van behuising aan leerling-dokters is vals. Die ministerie erken dit kan weens van finansiële beperkings verdere kostebesparingsmaatreëls oorweeg. Die vergoeding en voordele van leerling-dokters en ander personeel word egter nog nie hierdeur geraak nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie