Ministerie sê oor graad 10-debakel

Leerplankopsere erken

09 January 2020 | Ministeries
Denver Kisting – Die doel van die omstrede skoleleerplanhersiening is om te verseker Namibiese skoolverlaters kan hul man in ’n mededingende wêreld staan.

So sê die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Ester Nghipondoka.

Dié ministerie moes die afgelope ruk bontstaan oor ’n besluit waarvolgens leerlinge wat gr.10 deeltyds voltooi het, nie weer by die formele stelsel mag inskakel nie.

Nghipondoka het gisteroggend op Good Morning Namibia, NBC se ontbytprogram, gesê die onderwysministerie het intussen besluit om leerlinge wat verlede jaar deeltyds hul gr.10 volgens die ou leerplan voltooi het, ’n kans te bied om gr.11 vanjaar in die formele opset te probeer doen.

Dié toegewing geld net vir 2019 se leerlinge.

’n Totaal van 9 566 leerlinge – bykans 15% minder as in 2018 – het verlede jaar deeltyds gr. 10 gedoen.

’n Omsendbrief het onlangs uitgelek waarin die besluit onthul is dat leerlinge wat gr.10 by afstandsonderriginstellings voltooi het by dié leerruimtes moet bly.

Nghipondoka het gister gesê 2011 se nasionale onderwyskonferensie het die behoefte geïdentifiseer om die leerplan te hersien en by te werk.

Dié proses het toe in 2012 afgeskop, sê sy.

“Namibië is geen eiland nie,” het sy gesê.

Derhalwe moet leerlinge met vaardighede vir ’n plaaslike en internasionale mark toegerus word, sê sy.

Maar die onderwysministerie neem sy leerplanne in elk geval vyfjaarliks onder die loep om gebreke uit te lig en oor moontlike wysigings te besin, sê sy.

Die besluit dat leerlinge wat hul gr.10 volgens die ou leerplan voltooi het, nie mag terugkeer na die hoofstroom nie, is omdat hulle sal sukkel om die mas met die nuwe leerplan op te kom, sê sy.

Weens die storm is besluit om wel diegene wat verlede jaar gr.10 gedoen het, by ’n skool toe te laat.

Diegene wat voor verlede jaar gr. 10 deeltyds voltooi het en dié wat onsuksesvol was verlede jaar, moet steeds by die deeltydse opsie hou, sê sy.

Leerlinge van verlede jaar wat wel by ’n skool geholpe raak en hul ouers moet besef dit is hul verantwoordelikheid om te verseker hulle bly op koers wat die inhoud van die werk betref, sê Nghipondoka.

Hulle kan hulle tot die streekdirektorate wend vir plek by ’n skool.

“Maar dit is nie meer sake soos gewoonlik nie,” het sy gemaan.

Hoewel die nuwe leerplan mik om ’n meer volronde en mededingender leerling met meer vaardighede te lewer, is die inwerkingstelling van dié leerplan nie sonder struikelblokke nie, het Nghipondoka gisteroggend erken.

’n Gebrek aan finansiële hulpbronne bly die grootste kopseer, sê sy.

Hiernaas sal onderwysers ook deurlopend opgelei moet word, het Nghipondoka gesê.

Sy het aangevoer leerkragte is gereed om uitdagings die hoof te bied, maar hulle moet ook self vir hul kennis en die opgradering daarvan verantwoordelikheid aanvaar.

Nghipondoka sal die uitslae van verlede jaar se gewonevlakeksamens vir gr.12’s na verwagting vanoggend op ’n nuuskonferensie in Windhoek bekend maak.

Die uitslae sal Vrydag amptelik bekend wees.

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob sê oor 75ste herdenking van VN

4 ure gelede | Regering

Pres. Hage Geingob sê die Verenigde Nasies (VN) was die afgelope 75 jaar die beskermheer van die waardes van die mensdom en die beginsels van...

149 positief vir Covid-19 waarvan 10 leerlinge van dieselfde...

5 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 149 nuwe Covid-19-gevalle is aangemeld waarvan die meeste en wel 75 in Windhoek is....

NWR-bestuur se salarisse met 25% besnoei

5 ure gelede | Toerisme

Die direksie en senior personeel van Namibia Wildlife Resorts (NWR) se salarisse sal vanaf September met 25% besnoei word. “Vir die afgelope ses maande het...

Khomas se Vries bevorder

8 ure gelede | Onderwys

Mnr. Gerard Vries, voorheen direkteur van onderwys in die Khomasstreek, is met ingang 1 September as die nuwe adjunk uitvoerende direkteur vir lewenslange onderrig in...

Geweldenaars op vrye voet

20 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Teen gistermiddag was die man steeds op vrye voet wat glo Saterdagoggend by 'n huis in Havana ingebreek en 'n vrou ten...

Swaar straf wag op Covid-oortreders

20 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Dr. Kalumbi Shangula, die mi­nister van gesondheid en maatskaplike dienste, sê geskoei op Namibiërs se gedrag vandat die noodtoestand ten einde geloop...

Weer, Maandag 21 September 2020

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordoostelike streke met 'n paar buie in die Zambezi. Elders sonnig en baie warm tot bloedig warm.KUS:...

Toeriste uit Europa land

20 ure gelede | Vervoer

Augetto GraigEurowings se vlug LH5434 het gisteroggend net voor sonop vanuit Frankfurt by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland. Die Airbus A330-300 met 280 sitplekke...

Itula: 'Outokratiese' aantygings pla nie

20 ure gelede | Politiek

Jemima Beukes – Die leier van die Independent Patriots for Change (IPC), dr. Panduleni Itula, sê kritici en beswaarde lede wat hom as 'n “huigelaar”...