Ministerie omgekrap oor leeu- en olifantjag
Des Erasmus - Die jag van 'n woestynolifant en 'n swartmaanhaarleeu is nié deur die ministerie van die omgewing en toerisme goedgekeur nie.
Daar is wel toegegee dat een leeu, wat op die jaarlikse kwota verskyn, aan die Torra-bewaringsgebied toegeken is.
Dié versekering word gegee in 'n verklaring deur Romeo Muyunda, skakelbeampte van die ministerie.
Selfs al maak die kwota vir die jaar voorsiening vir een leeu, moet aansoek vir so 'n jagtog steeds deur die ministerie goedgekeur word.
Vir die ministerie is dit ontstellend dat 'n trofeejagtog vir 'n olifant ook geadverteer word.
'n Olifant verskyn nie op die goedgekeurde kwota vir die tydperk 2017 tot 2019 nie.
Die ministerie het gereageer op 'n advertensie wat op buitelandse skoue vir trofeejagters in Amerika en Europa deur Savannah Safaris gepubliseer is en skielik herroep is na hewige kritiek op sosiale media.
Mnr. Jürgen Schlettwein het namens Savannah Safaris 'n buitelandse agent die skuld vir die plasing van die advertensie gegee.
Volgens die omstrede advertensie sou 'n trofeejagter US$80 000 (N$1 100 000) vir so 'n jagtog betaal.
In die ministerie se verklaring word gesê: “Dit is onprofessioneel en oneties dat die advertensie geplaas is selfs voor die jaarlikse kwota (vir die Torra-bewaringsgebied) gefinaliseer is. Dit is ook geplaas sonder om die ministerie vooraf te raadpleeg.”
Die versekering word ook gegee dat die ministerie die aangeleentheid met Savannah Safaris sal opneem om toe te sien dat 'n beroepsjagter-gedragskode gehandhaaf word.
Terselfdertyd word geregistreerde jagters aangespreek om nie opspraak te verwek met onprofessionele, onetiese optrede nie, omdat dit die aansien van 'n volhoubare bedryf aantas.
“Ons jagbedryf moet deur professionele optrede en goeie gedrag gekenmerk word, sodat dit kan voortgaan om tot die bruto binnelandse produk by te dra. Daarmee saam gaan 'n afname in armoede, die verbetering van mense se lewensgehalte en bydraes tot omgewingsbewaring.
Die ministerie spreek hom ook uit oor die opvatting dat Namibië se leeupopulasie afneem as gevolg van trofeejagtery en 'n voortdurende stryd tussen mens en dier.
“Namibië beskik oor 'n gesonde aantal leeus in verskeie parke, en buite die parke neem leeugetalle toe. In die Noordweste het die getal gegroei van 'n geskatte 25 in 1995 tot sowat 150 vandag. Dit het die konflik tussen leeus en mense laat toeneem, veral in die Kunenestreek. Die leeubron word bestuur deur onder meer trofeejagtogte,” sê die verklaring.
'n Volledige ondersoek na die herrie oor die leeu- en olifanttrofee sal deur die ministerie ingestel word.
Die ministerie sê hy verkies regstreekse gesprekke bo 'n sensasionele aanslag op sosiale media.
Besonderhede oor die goedgekeurde kwota vir die Torra-bewaringsgebied vir 2017 tot 2019 word ook verstrek.
Dit sluit in 40 gemsbokke, een kameelperd, 80 Hartmann-sebras, 10 koedoes, 20 volstruise, 100 springbokke, twee steenbokke, twee rooikatte, een jagluiperd, een leeu, twee klipspringers en vyf bobbejane.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie