Ministerie gaan landwye lys van maskervervaardigers vrystel
Ministerie gaan landwye lys van maskervervaardigers vrystel

Ministerie gaan landwye lys van maskervervaardigers vrystel

Henriette Lamprecht
Die ministerie van handel en nywerheid gaan 'n lys van landwye vervaardigers van maskers beskikbaar stel. Die dra van maskers is vanaf vandag verpligtend. Die inligting is vanoggend deur die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjangue tydens die daaglikse inligtingsessie by die Covid-19-inligtingsentrum bekendgemaak. Volgens Muinjangue staan die aantal positiewe Covid-19-gevalle in die land steeds op 16 met agt gevalle wat ten volle herstel het. Tot op hede is 1 163 weefselmonsters getoets en word 236 kontakte opgevolg waarvan 19 aktief gemonitor word. Tien mense is in kwarantyn geplaas wat die totaal sedert Maart op 843 te staan bring. Tot op hede is 538 mense ná 14 dae huis toe gestuur en tans is 305 mense in kwarantyn oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-11-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer