Ministerie bemagtig mans én vroue
Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief.
“Sommige mans dink hierdie ministerie bemagtig net vroue, maar dit is nie waar nie. Ek het dit nog altyd ontken,” het minister Doreen Sioka gesê. Sy het verwys na mobiliseringsprogramme in gemeenskappe die afgelope paar jaar wat mans en vroue betrek en programme behels wat die opheffing van gemeenskappe en ’n verbeterde leefstyl vooropstel.
Een van die programme is een gemik op aktiwiteite wat inkomste genereer en wat projekte finansier as ’n manier om werk te skep.
Volgens haar het bogenoemde program landwyd toerusting en materiaal aan 1 540 projekte geskenk waarby 4 751 vroue en 2 571 mans gebaat het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie