Minimum intreeloon vir plaaswerkers met 18% verhoog
Minimum intreeloon vir plaaswerkers met 18% verhoog

Minimum intreeloon vir plaaswerkers met 18% verhoog

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Plaaswerkers se minimumloon op intreevlak sal vanaf 1 Januarie 2022 met 18% verhoog word tot N$1 053 as hulle 45 uur per week werk. Hul loon is laas in 2017 aangepas.
Dié aankondiging is deur die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) gemaak en volg ná suksesvolle onderhandelinge tussen die Namibië Forum vir Landbou-arbeid (NALF) wat bestaan uit die drie landbou-unies en die Namibië Plaaswerkersvakbond, Nafwu.
Die ooreenkoms is Dinsdagoggend in Windhoek onderteken.
Indien plaaswerkers nie gratis rantsoene ontvang nie, word die toelaag vir rantsoen tot N$600 verhoog wat beteken 'n jong plaaswerker sonder enige vorige ondervinding verdien vanaf Januarie N$1 653 per maand.
Die partye sê in 'n gesamentlike verklaring die meeste werkers op plase is beter daaraan toe as werkers in ander bedrywe in die land, aangesien hulle normaalweg gratis behuising, rantsoene, water, elektrisiteit en vuurmaakhout ontvang. Werkers in ander bedrywe bestee die grootste deel van hul lone hieraan.

Foto: Argief

Kommentaar

Republikein 2025-05-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer