Minibusongeluk eis drie naby Witvlei
Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor nadat die linkeragterband gebars het.
Drie mense is Sondag sowat 4 km vanaf Witvlei in 'n minibusongeluk dood.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die minibus met nege mense aan boord van Otjinene af via Gobabis na Windhoek gereis.
"Die ongeluk het plaasgevind toe die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het nadat die linkeragterband gebars het. Drie passasiers is op die toneel dood. Ander het ligte tot ernstige beserings opgedoen en ontvang mediese behandeling in die Gobabis-staatshospitaal," sê die polisie.
Die naasbestaandes van die oorledenes is nog nie van hul dood ingelig nie en die ondersoek duur voort.
'n Namibiese man (30) is Sondag sowat 3 km van die Ngomba-grenspos af tussen Katima Mulilo en Botswana doodgery.
"Mnr. David Samunzala Sibuku is deur 'n onbekende voertuig op 'n onbekende tyd raakgery. Dit word vermoed dat hy in die pad geslaap het," sê die polisie.
Sy naasbestaandes is ingelig en enige iemand met inligting word versoek om hoofinsp. Evans Simasiku by 081 271 2994 te kontak.
Voorts het die bestuurder van 'n wit, luukse sedan 'n voetganger Sondag omstreeks 20:20 in Monte Christo-weg in die hoofstad doodgery.
"Dit word vermoed dat mnr. Nehemia Kamati die pad oorgesteek het toe hy raakgery is. Hy is op die toneel dood en sy naasbestaandes is ingelig," sê die polisie.
Die 60-jarige bestuurder van 'n bakkie is Sondag omstreeks 23:00 op die pad tussen Ondangwa en Omuthiya, sowat 56 km van Ondangwa af, by die Onyati-nedersetting in 'n botsing met 'n vragmotor dood.
"Dit word beweer dat die bestuurder van die bakkie, mnr. John Kaukomenwa Mwandingi, van die pad wou afgaan en regs gedraai het, terwyl 'n vragmotor die bakkie probeer verbysteek het," sê die polisie.
Mwandingi, van die Onyati-nedersetting, is op die toneel oorlede en twee passasiers (17 en 21 jaar oud) is beseer. Hulle is in die Omuthiya-staatshospitaal opgeneem en hul toestand is stabiel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie