Minibus-ongeluk eis drie lewens
'n Volgelaaide minibus het die naweek van agter af in 'n vragmotor vasgery.
Augetto Graig
Saterdag kort ná middernag is drie mense op slag dood ná 'n Iveco-minibus met 27 insittendes in die agterkant van 'n vragmotor vasgery het.
Insp. Maureen Mbeha, polisiewoordvoerder vir die Otjozondjupastreek, het bevestig die oorledenes sluit 'n kind en die drywer van die bussie in.
Die minibusdrywer was mnr. Hofeni Uhanda (36), en die ander oorledenes is me. Leena Kasino (32) en die vyfjarige Sylvia Stefanus.
Beseerdes is na die Otjiwarongo-staatshospitaal geneem.
Die ongeluk het omstreeks 00:11 sowat 30 km buite Otavi plaasgevind.
Volgens die lorriedrywer was hy besig om uit 'n draai te kom toe die minibus hom probeer verbysteek het.
'n Voertuig het van voor af gekom en sy ligte geflits om die minibus te waarsku.
Die lorriedrywer sê hy het sig van die minibus in sy truspieël verloor, maar vermoed die minibusbestuurder het te ver teruggedraai en beheer van die voertuig verloor.
“Toe hoor ek hoe tref hy my trok van agter af,” sê hy.
“Ek het so drie tot vier meter van hom af gaan stop en uitgespring om te sien wat gebeur het. Ek het die mense daar dood gesien, die drywer en die dame wat voor links gesit het. Die bussie het begin rook. Ek het in my trok gespring om dit na veiligheid te skuif,” sê hy.
Twee ander trokke het stilgehou, waarvan die drywers met brandblussers probeer help het.
“Ek het saam met hulle teen die brand geveg. Ná so vyf minute het hulle gevra of ek die trok bestuur het. Toe ek sê dit was ek, het van die ander passasiers gehoor en wou my aanval. Hulle wou my slaan en het gesê ek het hul broer se dood veroorsaak.
“Ek het weggehardloop en in die bosse weggekruip. Eers toe die polisie op die toneel verskyn, het ek teruggekom en alles aan hulle verduidelik. Hulle het my vir alkohol getoets en die ongelukstoneel ondersoek. Toe stuur hulle my Otavi toe om die ongeluk daar aan te meld,” sê die drywer. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie