'Mini-oorlog' in Ludwigsdorf

Tanja Bause
Tanja Bause – 'n Wilde oor-en-weer skietery het in die vroeë oggendure gister in Ludwigsdorf opgeklink toe 'n groep van sewe mans eers op die polisie en sekuriteitswagte en daarna op ’n lid van die buurtwag geskiet.

“Dit was soos ’n mini-oorlog met sowat twaalf skote wat tussen 02:00 en 03:00 oor en weer gevuur is,” het ’n lid van die buurtwag gesê.

“Die boewe het in die polisiebeamptes en veiligheidswagte in Dr. Kwame Nkrumahstraat opgemerk en begin skiet. Daar is teruggevuur en die boewe het met die Klein-Windhoekrivier afgeloop en in Zieglerstraat op ’n lid van die buurtwag afgekom. Hulle het onmiddellik op hom begin skiet. Hy was gewapen en het terugskiet. Die boewe is toe weer in die rivier in en het daar weggekruip,” het hy gesê.

Lede van die buurtwag en die polisie het die mans agtervolg en om 05:00 die eerste een in die rivier in hegtenis geneem. Om 06:30 het hulle nog een in hegtenis geneem.

“Die tweede verdagte het probeer om ’n rewolwer weg te steek wat ons ook gekry het,” het die man gesê.

“In die meer as 25 jaar wat ons buurtwag al bestaan, is dit die eerste keer dat daar op ons lede geskiet is.”

Volgens die man is ’n saak van poging tot moord deur die buurtwag teen die twee mans aanhangig gemaak.

Daar was volgens die man in die afgelope tyd drie voorvalle waartydens boewe vir inwoners in hul erwe gewag en hulle oorval het.

“In die laaste maand en half het ons 32 misdaadvoorvalle in die woonbuurte van Eros, Ludwigsdorf en Avis gehad. Daar is ’n toename aan gewelddadige misdaad in die gebied. Ons word deur ’n groep gewapende bendelede geterroriseer,” het 'n bron wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Volgens die bron is die groep van sowat sewe mans gewapen en skiet hul dikwels eerste op die veiligheidswagte en lede van die buurtwagte.

“Buurtwagte is nie polisiebeamptes nie; hulle is net daar om hul eiendom en inwoners om hulle te beskerm. Hulle help net die polisie.”

Volgens die bron is die samewerking van die Namibiese polisie en die Windhoekse stadspolisie uitstekend.

“Veral die beamptes by die Klein-Windhoek polisiekantoor is baie goed. Hulle is professioneel en altyd gewillig om te help. Die probleem is egter dat die boewe vinnig weer op borgtog vrygelaat word. Ons sien baie van hulle die volgende dag weer op straat.

“Ons word geterroriseer. Jy kan nie net meer by jou huis se inrit inry nie. Jy moet kyk of jy dalk nie agtervolg word nie. Indien wel, ry jy maar weg en ry in die buurt rond tot hulle opgee en gaan dan huis toe. Jy moet die hele tyd op jou hoede wees en bewus van jou omgewing wees. Jy moet kyk of daar vreemde mense op straathoeke staan of vreemde voertuie iewers in die omgewing is.

"En dit word net erger,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.54 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.18/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0121 | Zinc US$ 2 900.40/T DOWN -1.82% | Brent Crude Oil US$ 82.63/BBP DOWN -0.011 | Platinum US$ 970.18/OZ DOWN -0.0086 #N/A