Minen Hotel kry drie sterre
Die unieke, geskiedkundige karakter van ‘n hotel op Tsumeb bly rotsvas staan.
Francoise Steynberg - As besoekers aan die 112 jaar oue Minen Hotel op Tsumeb met die trappe opstap, word hulle met ‘n breë glimlag van ‘n kelner begroet.
Gaste word met die intrapslag nie net met een breë glimlag begroet nie, maar ook deur baie vriendelike gesigte en selfs ‘n warm handdruk hartlik verwelkom.
Al is die Minen Hotel al 112 jaar oud en stelselmatig tot ‘n moderner weergawe opgeknap, het die unieke karakter van die hotel nie verlore gegaan nie.
Dié klassieke karakter is te danke aan die goeie diens en vriendelikheid van die personeel. Baie van die personeel werk al dekades lank by die Minen Hotel en is die hartklop daarvan.
Die hotel se bestuurder, mnr. Michael Haugk, vertel breëbors van die hotel wat nou met drie sterre spog, danksy sy hardwerkende en vriendelike kelners en personeel. "Jy kan 'n pragtige vyfsterhotel hê, maar as jy nie goeie diens lewer nie, kan jy maar jou deure toemaak."
Van die kelners wat al dekades lank by Minen Hotel werk, is mnre. Billy Katjipu (45), Jacobus Leopold (62), Limadungira Mathias (57), Timo Kambonde (59) en Traugott Gaseb (46). Leopold werk sedert 1991 by die hotel en Gaseb al vir 17 jaar.
Sedert die hotel onder die eienaarskap van mnr. Max Radenberg is ná sy bekende ma, Barbara, se afsterwe, het hy sy eie stempel op die hotel afgedruk.
Die eetsaal, die voorportaal en van die kamers het nuwe, moderner baadjies gekry, die tuin is ‘n lushof en sedertdien is die res van die hotel stelselmatig opgeknap.
Tog het die geskiedkundige karakter, veral van die stoeprestaurant met sy rooi tafels en stoele en die heerlike, tradisionele Duitse cuisine, behoue gebly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie