Minderbevoorregtes motiveer ultra-langasem
Ultrawedlope
Tielman van Lill
Dr. Keletso Nyathi van Windhoek het Saterdagoggend om drieuur ná slegs twee ure se slaap opgestaan om 122 kilometer vir liefdadigheid te hardloop.
Nyathi: “Ek was veronderstel om Vrydag in die Drakensberge, Suid-Afrika, te wees om die 171 km Ultra Trail Drakensberg-uitdaag te hardloop. Maar as gevlog van die nasionale grendelstatus en inperking weens die Covid-19-virus is die kompetisie soos alle ander sportbyeenkomste afgestel.
“Die organiseerders het gevra die voornemende deelnemers moet tien persent van die 171 km met ‘n virtuele program aflê of langer hardloop soos wat omstandighede dit toelaat. Ek was gelukkig om dit in Namibië in die buitelug by Omeya te kon doen waar ek ‘n 10 km-sirkelroete aangedurf het.
“Ek het 122 km gehardloop en ná elke 20 km gestop om te eet en vloeistowwe in te neem. Insluitende die rustye het dit my 19 ure en 44 minute geneem om dié afstand kaf te draf.
“My idee was om geld vir minderbevoorregte mense in te samel wat weens die coronavirus in Namibië sukkel om te oorleef. Ek het N$10 vir elke kilometer wat ek gehardlooop het geborg en vriende uitgedaag om dieselfde bydrae te maak.”
Die 42-jarige Nyathi wat al die afgelope 23 jaar aan ultramarathonne deelneem, sou Vrydag om vyfuur weggespring het, maar sy werk het anders besluit en hy kon eers Saterdagoggend in die donker sy drafskoene aantrek. Ná twee ure se slaap het hy opgestaan en die bul by die horings gepak.
“Hands of Hope (HoH) is ‘n liefdadigheidsorganisasie wat basies onbekend is. Hulle doen fantastiese werk in die kwesbare gemeenskap om kos en sosiale ondersteuning te verskaf. Ek het in die verlede van HoH se mense behandel en dit is hoe ek van hulle weet.
“Ek was ongeveer 40 km ver met my uitdaging en het skielik besef hoe bevoorreg ek is, want ek het te veel kos gekoop en daar is mense wat niks het om te eet nie en besluit om vir liefdadigheid te hardloop.
“Ek het besluit om vir HoH geld in te samel en kos te skenk."
Nyathi het in 2020 ‘n volgepakte program gehad wat die Hongkong Ultra 100 km (Januarie), Addo 100 myl (Maart), Twee Oseane-ultramarathon en Ultra Trail Drakensberg 171 km (April), Mac Mac-ultramarathon (Mei), Comrades-marathon (Junie), Ultra Trail du Mont Blanc 171 km (Augustus), Karkloof 100 myl (September), Cederberg 100 myl (Oktober) en Ultra Trail Kaapstad (Desember) insluit.
Hy sê hy wil graag elke kilometer van gekanselleerde wedlope in 2020 hardloop.
”Hierdie is en was nie my laaste bydrae nie. Indien tyd dit toelaat, sal ek vanjaar weer die langpad vir liefdadigheid pak. Ons staan nou bykans op N$8 000 en ontvang steeds skenkings.” sê Nyathi.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie