Minder plastiek, meer lap
Tanja Bause - In ’n huisie in Andrewville, ’n woonbuurt van Maltahöhe, sit vroue en maak inkopiesakke uit lap.
Die materiaal vir die sakke het ’n sakeman op die dorp vir hulle gegee, en hulle word betaal vir elke sak wat hulle maak.
Die sakke is ’n poging om die dorp skoon te maak en skoon te hou.
Mnr. John Hough van Agra is aan die stuur van dié projek.
“Toe ek twee jaar gelede op die dorp aangekom het, was dit baie vuil en dit word net vuiler. Ek het met verskeie mense gepraat daaroor dat ’n plan gemaak moet word voor ons onder die rommel vergaan. Mnr. Diedrick Jankowitz, van die vulstasie op die dorp, het toe hiervan te hore gekom en die lap geskenk,” het hy gesê.
Vroue van Andrewville en Blikkiesdorp is toe gekies om die sakke te maak. Elkeen kry N$10 per sak en die sakke word ook teen N$10 verkoop.
“Ons wil nie geld maak nie. Ons wil net ons dorp skoonmaak en dit so hou,” het Hough gesê.
Tot dusver is 200 van die sakke al verkoop.
Mee. Maria Anton en Veronica Katjikuru is twee van die groep vroue wat die sakke maak.
“Ek het by my ma geleer om naaldwerk te doen. Vandag maak ek alles – van Nama-rokke tot trourokke. So tussen die naaldwerk deur maak ek die sakke ook. Ek wil hê ons dorp moet skoon wees,” het Anton gesê.
“As jy in Maltahöhe inry, sien jy hoe hang die plastieksakke soos blomme aan die doringbosse. Dit is nie ’n mooi gesig vir al die toeriste wat hier deurry nie. Ek kry ook die gevoel die rommel word erger en erger en die plastieksakke meer en meer,” het sy gesê.
Katjikuru se ouma het haar geleer om naaldwerk te doen.
“Hier is nie baie werksgeleenthede op Maltahöhe nie, so as ’n projek soos die sakke verbykom, moet ons dit met beide hande gryp en aanpak,” het sy gesê.
Anton doen ook kralewerk ná sy ’n kursus op Kalkrand hieroor bygewoon het.
“Hulle het vir ons ses basiese ontwerpe geleer en die res het ek self geleer. Ek maak nou blompotte, fotorame, houers vir potlode en sneesdoekies, en bakke,” het Anton gesê.
Volgende wil sy ’n selfoonhouer probeer maak.
Om haar kunswerke te verkoop, bly ’n uitdaging.
“Ek het nie ’n plek waar ek dit kan uitstal sodat mense dit kan sien en koop nie. Niemand kom na my huis toe en sien dit nie. As ons ’n plek in die dorp kan kry, kan ons dit daar saam met ons naaldwerkprodukte verkoop,” sê sy.
“Die goed word nie uitgestal nie en kan nie verkoop word nie, so dit staan nou net hier in die huis,” het Katjikuru gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie