Minder padsterftes, maar meer ongelukke, beserings
AL het daar die afgelope feesseisoen minder mense op Namibiese paaie omgekom as in 2009/10, laat flikker dramatiese toenames in die hoeveelheid ongelukke en beserings ontstemmende rooi ligte vir die land.
Die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) het Woensdag bekendgemaak dat 71 mense in die loop van sy en borge se Red Lewensveldtog, bekend as Xupifa Eemwenyo, slagoffers van landspaaie was. Die syfer is 13% minder as die vorige seisoen.
Tog was 2010/11 die dodelikste feestyd in vier jaar. Beserings het met sowat ?n derde van 790 tot 1 067 toegeneem in vergelyking met 2008/9 se 416. Die totale aantal ongelukke het met 19% van 319 tot 381 toegeneem, maar was steeds minder as die helfte van 2008/9 se 804 motorongelukke.
Die meeste ongelukke het in die Khomas- en Erongo-streke voorgekom. Khomas was met 14 sterftes die dodelikste streek, gevolg deur Hardap en Otjozondjupa met tien sterftes elk. Byna een uit elke drie slagoffers was tussen 21 en 30 jaar oud. Meer as 60% was passasiers, byvoorbeeld mense wat agter op ?n bakkie gery het.
Twee uit elke drie slagoffers was manlik. In omtrent ?n derde van alle ongelukke het bestuurders beheer oor hul voertuie verloor. Bykans een uit elke vyf ongelukke is deur voetgangers veroorsaak en 7% deur ?n gebarste band. Die meeste ongelukke het op Vrydae, Saterdae en Woensdae plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie