Minder ‘oorsese’ toeriste besoek Suid-Afrika
Die SSA se maandelikse verslag bevat data van die departement van binnelandse sake oor die aankoms en vertrek van buitelanders en burgers van Suid-Afrika.
Malherbe Nienaber
Effens meer buitelandse toeriste het Suid-Afrika in Mei vanjaar besoek vergeleke met Mei verlede jaar, volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se maandelikse verslag oor toerisme en migrasie.
Die getal toeriste wat nié uit ander Afrikalande kom nie, was egter 1,8% laer.
Die verslag bevat data van die departement van binnelandse sake oor die aankoms en vertrek van buitelanders en burgers van Suid-Afrika.
Die totale getal buitelandse besoekers was 1,5% hoër op 1,21 miljoen.
TOERISTE UIT RES VAN WêRELD
Die getal toeriste uit die res van die wêreld (Afrika uitgesluit) in Mei lyk so:
· Europa 75 308 (45,3% van die totaal);
· Noord-Amerika 40 470 (24,3%);
· Asië 30 064 (18,1%);
· Australasië 10 052 (6%);
· Sentraal- en Suid-Amerika 7 885 (4,7%); en
· Die Midde-Ooste 2 448 (1,5%).
Die lande met die meeste besoekers aan Suid-Afrika in Mei was:
· Amerika – 21,5%;
· Brittanje – 13,1%
· Indië – 8%;
· Duitsland – 7,1%;
· Frankryk – 6,7%;
· Australië – 5,3%;
· China – 4,4%;
· Nederland – 3,5%;
· Brasilië – 3,1%; en
· Kanada – 2,9%.
Toeriste uit dié tien lande was verantwoordelik vir 75,5% van die getal toeriste uit die buiteland. Vergeleke met Mei verlede jaar het die getal toeriste uit Frankryk, Duitsland, Nederland en Brasilië gedaal.
Die grootste daling was van Frankryk en Duitsland, met 13,2%.
Byna alle toeriste uit Afrika (97,9%) het van lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gekom, met 1% uit Wes-Afrika, 0,9% uit Oos- en Sentraal-Afrika en 0,2% uit Noord-Afrika.
TOERISTE UIT AFRIKALANDE
Die tien Afrikalande buite die SAOG met die meeste besoekers aan Suid-Afrika in Mei was:
· Nigerië – 29,4%;
· Kenia – 17,7%
· Ghana – 11,8%;
· Uganda – 9,3%
· Ethiopië – 4,2%;
· Egipte – 3,3%;
· Kameroen – 3,1%;
· Gaboen – 2,2%;
· Die Ivoorkus – 1,8%; en
· Senegal – 1,5%.
Die meeste Afrikatoeriste het die land vir vakansie besoek (97%), terwyl 17 852 (2,4%) hier was vir sake, 3 736 (0,5%) weens studies en 665 (0,1%) vir mediese behandeling.
Die Midde-Ooste het die grootste persentasie toeriste gehad wat die land vir sake (5,9%) en vir studies (3,6%) besoek het, gevolg deur Asië en Europa.
Van die besoekers in Mei 2019 was 56,2% mans en 43,8% vroue. Onder die toeriste van buite Afrika was 54,9% mans en 45,1% vroue.
Die grootste ouderdomsgroep van toeriste (29,4%) is tussen 35 en 44 jaar oud, gevolg deur die ouderdomsgroep 25 tot 34 jaar (27,9%).
Onder die toeriste van buite Afrika is die ouderdomsgroep tussen 25 en 34 jaar die grootste (18,9%) en onder toeriste uit die SAOG (32,5%) en ander Afrikalande (33,9%) is grootste groep besoekers tussen 35 en 44 jaar oud. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie