Minder ongelukke oor Kersseisoen

Polisie vol lof

24 January 2020 | Ongelukke
Augetto Graig - Die Namibiese polisie (Nampol) was gister vol lof vir padgebruikers omdat die getal padongelukke die afgelope Kersseisoen gedaal het.

Volgens adj.insp.genl. Oscar Embubulu, hoof van misdaadbekamping in die feestyd, is slegs 509 ongelukke aangemeld in vergelyking met 529 in die 2018-’2019 vakansieseisoen.

Altesaam 94 mense het tussen 20 November verlede jaar en 15 Januarie vanjaar op Namibië se paaie gesterf in vergelyking met 106 in dieselfde tydperk die vorige jaar.

Die aantal beseerdes het van 928 na 913 verminder.

In totaal was daar 4% minder ongelukke, 11% minder sterftes en 2% minder beserings.

Embubulu sê wetstoepassers was doeltreffend en sigbaar by padblokkades op hoofpaaie in al 14 landstreke – veral op die B1- en B2-hoofweë.

Hy het sy dank teenoor verkeersbeamptes, polisiebeamptes en alle belanghebbendes uitgespreek, wat hul vakansies moes inboet om wet en orde te handhaaf.

“Ek vra dat ons voortgaan om as vennote saam te werk. Ons het waardering vir wetsgehoorsame burgers, gemeenskappe, ondersteuningsgroepe en misdaadforums vir hul ondersteuning en samewerking,” het hy gesê.

Nampol is in die feestyd in sy poging om padveiligheid te bevorder deur die weermag, gevangenisdienste, munisipale polisiebeamptes en immigrasie- en doeanebeamptes bygestaan.

Ander ondersteuners het onder andere die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC), die Paaieowerheid (RA), die Padfondsadministrasie (RFA), die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF), die Selfregulering van die Alkoholbedryf (Saif), die Private Sektor Padveiligheidsforum (PSRSF), die motorvereniging van Namibië, die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en MedRescue ingesluit.

Die meeste ongelukke in die Kerstyd het in die Khomasstreek plaasgevind (24%), gevolg deur Erongo (15%), Oshana (10%) en Oshikoto (10%).

Die meeste sterftes het in die Otjozondjupastreek voorgekom, waar 14% van alle gevalle aangemeld is.

In die Ohangwena- en Hardapstreek het 13% van aangemelde sterftes voorgekom.

Laas jaar het paaie in die Khomasstreek ook die meeste lewens geëis (27%).

Die polisie het in die feestyd altesaam 92 589 padgebruikers vir dronkbestuur getoets.

Altesaam 273 mense is weens dronkbestuur in hegtenis geneem en 140 weens ander verkeersoortredings.

Van die 413 padgebruikers wat in hegtenis geneem is, was net 18 vroue.

Terselfdertyd is 12 782 dagvaardings ter waarde van N$13 751 224 vir verkeersoortredings uitgereik.

Embubulu het gesê hy is verheug alle vakansiegangers het nie op dieselfde dag in die pad geval om hul vakansiebestemmings te bereik nie.

Hy het gesê hy beskou dit as bewys van beter beplanning onder padgebruikers, hoewel meer bewusmaking in dié verband nodig is.

“Ons sien uit na meer en beter gemeenskapsopleiding. Dit is noodsaaklik vir die verandering van bestuurders se ingesteldheid. Padgebruikers moet bewus wees van die gevare wat hul optrede inhou. Die ontplooiing van wetstoepassers moet deur opleiding gekomplementeer word,” het hy gesê.

Embubulu het gesê tekortkominge bestaan in die handhawing van verkeerswetgewing wat die gebrek aan strenger nagevolge vir herhaalde oortredings betref.

“Ons stelsels is nie met mekaar verbind nie en laat toe dat mense met opgeskorte lisensies bloot aansoek kan doen vir duplikaatlisensies en voortgaan asof niks gebeur het nie. Doeltreffende opskorting van lisensies is nodig as afskrikmiddel. Boetes skrik ryk mense nie af nie. Die moontlikheid van opskorting of tronkstraf sal ander stappe komplementeer,” het hy gesê.

Die hersiening van padreëls en vervoerwetgewing sloer al jare, maar Embubulu het gesê die polisie het Dinsdag reeds met die ministerie van werke en vervoer hieroor vergader.

Mnr. Ambrosius Tierspoor van die Padveiligheidsraad was ook teenwoordig en het gesê die hersiening vorder goed, en nuwe wetgewing kan binnekort voorgestel word.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

6 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

6 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

6 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

6 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

6 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

6 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...