Minder mense wêreldwyd maak ’n dampie
Henriette Lamprecht
Die wêreld het tans 1,3 miljard tabakgebruikers in vergelyking met die 1,32 miljard in 2015.
Dié syfer sal na verwagting teen 2025 tot 1,27 miljard afneem. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se Afrikastreek, en waarvan Namibië deel is, het die laagste gemiddelde koers van tabakgebruik met net 10% verlede jaar teenoor die 15% in 2010.
Dié inligting is vervat in die vierde WHO-verslag oor tabakkoerse oraloor die wêreld. Volgens die verslag het 22,3% van die wêreldbevolking tabak gebruik, met mans die meeste en wel 36,7% van alle mans teen die 7,8% van die wêreld se vroue.
Sowat 38 miljoen kinders tussen die ouderdomme van 13 tot 15 jaar gebruik tans tabak. Dit sluit 13 miljoen meisies en 25 miljoen seuns in. In die meeste lande is dit onwettig vir minderjariges om tabakprodukte te koop.
Vroue is die groep wat die meeste in gebruik groei en verlede jaar was dit 231 miljoen met die hoogste voorkoms onder vroue in die ouderdomsgroep 55 tot 64 jaar.
Sestig lande is op koers om die vrywillige doelwit van ’n afname van 30% in tabakgebruik tussen 2010 en 2025 te verminder. Twee jaar gelede was dit net 32 lande.
“Dit is baie bemoedigend om te sien minder mense gebruik jaarliks tabak en meer lande is op pad om hul globale doelwitte te bereik,” het die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, gesê.
“Ons het nog ’n lang pad om te gaan en tabakmaatskappye sal voortgaan om elke truuk te probeer om hul reusagtige winste te verdedig wat hulle maak deur hul dodelike produkte te smous. Ons doen ’n beroep op alle lande om beter gebruik te maak van die baie doeltreffende middele beskikbaar om mense te help om op te hou en lewens te red,” het hy gesê.
Die verslag doen ook ’n beroep op lande om die implementering van die maatreëls te bespoedig om tabakverbruik hok te slaan om sodoende die aantal mense te verminder wat siek word of sterf weens tabakverwante siektes.
“Dit is duidelik tabakbeheer is doeltreffend en ons het ’n morele verpligting aan ons mense,” het dr. Ruediger Krech, direkteur van die WHO se departement vir bevordering van gesondheid, gesê.
Volgens ’n nuwe WHO verslag wat fokus op die wêreldwye staking van die gebruik van tabakprodukte, kan ’n belegging van US$1,68 per kapita jaarliks in ingrypings soos onder meer tolvrye hulplyne 152 miljoen tabakgebruikers help om teen 2030 suksesvol op te hou rook en tot lande se langtermyn ekonomiese groei by te dra.
Met verwysing na die res van die WHO se streke gebruik 18% van vroue in Europa steeds tabak, aansienlik meer as in enige ander streek. Ook is vroue in dié streek minder geneig om op te hou rook.
Op ’n positiewe noot, sê die verslag een uit elke drie lande is op koers om die doelwit van 30%-vermindering in die gebruik van tabakprodukte te haal, met lae-inkomstelande wat tans die meeste vooruitgang in dié opsig maak. Hoër middelinkomstelande maak gemiddeld die stadigste vooruitgang in dié verband. In sowat 29 lande is die kwaliteit van data so min en onvoldoende dat dit moeilik is om te bepaal presies waar hulle hul tans bevind om die bogenoemde doelwit te bereik.
Die data in die verslag is beramings uit 1 729 nasionale opnames wat tussen 1990 en 2020 in lande gedoen is en wat gesamentlik 97% van die wêreldbevolking uitgevra het oor hul tabakverbruik. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie