Minder dwelmvondste in Julie
Tanja Bause
Die Namibiese polisie het in Julie 118 verdagtes weens die besit van dwelms in hegtenis geneem en op dwelms ter waarde van N$531 320 beslag gelê.
Dit is een verdagte meer en N$773 620 minder as verlede maand. Die verdagtes sluit 106 Namibiërs, drie Angolese, ses Kongolese, een Suid-Afrikaner en een Tanzaniër in.
Volgens die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adjunkkommissaris Edwin Kanguatjivi, is onder meer op 33,16 kilogram dagga ter waarde van N$331 600, 404 gram daggaplante (N$4 040), 214 Mandrax-tablette ($25 680), 102 gram kokaïen (N$51 000) en 140 eenhede crack-kokaïen (N$14 000) beslag gelê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie