Minder dwelms, meer verdagtes in Augustus
Minder dwelms, meer verdagtes in Augustus

Minder dwelms, meer verdagtes in Augustus

Die Namibiese polisie het gedurende Augustus 140 verdagtes weens die besit van dwelms in hegtenis geneem. Altesaam 130 is Namibiërs, vier Kongolese, twee Zambiërs, en een elk van Angola, Spanje, Kenia en Liberië. In vergelyking is 97 mense in Julie in hegtenis geneem waarvan 84 Namibiërs was. Die ander is Angolese, Burundese, Kongolese, Nigeriërs, Tanzaniërs, Roemene en Zambiërs.

In Julie was die waarde van die dwelms waarop beslag gelê is N$958 390; en in Augustus N$471 530.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer