Min toeriste, enkele orkes in Betlehem
Min toeriste, enkele orkes in Betlehem

Min toeriste, enkele orkes in Betlehem

Betlehem, gewoonlik tot oorlopens toe vol toeriste hierdie tyd van die jaar, was Maandag op Kersdag bykans sonder besoekers.

Dít weens die konflik tussen Israelse magte en Palestynse betogers ná die Amerikaanse president, Donald Trump, se omstrede besluit vroeër vandeesmaand, berig Aljazeera volgens News24.

Trump het in ’n eensydige besluit Jerusalem as Israel se hoofstad erken.

Sedertdien het minstens 15 mense in die besette Palestynse gebiede omgekom en meer as 2 900 mense is beseer en meer as 500 tronk toe gestuur.

Betlehem, geleë in die Wesoewer van Palestina, is sowat 10 km suid van Jerusalem.

Honderde Palestyne en toeriste het Maandag, terwyl humeure afgeneem het, in Betlehem se Manger-plein byeengekom vir die jaarlikse parade onder Kersfeesliggies en versierde bome.

’n Palestyne doedelsak-orkes het oor die plein beweeg op pad na die Geboortekerk wat gebou is op die plek wat geglo word Maria geboorte aan Jesus geskenk het. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2026-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer