Miltsiekte in Noordooste vasgevat, sê ministerie
Die ministerie van die omgewing en toerisme het bevestig dié siekte is nou onder beheer.
Francoise Steynberg - Die uitbreking van miltsiekte in die westelike deel van die Bwabwata Nasionale Park in die Kavango-Oosstreek is vasgevat en is iets van die verlede.
'n Totaal van 243 karkasse, bestaande uit dié van 155 seekoeie, 86 buffels en twee impalas, is tydens 'n operasie deur 37 personeellede verwyder en vernietig, het die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, gesê.
“Die laaste sterfgeval, dié van 'n buffel, is op 3 Desember 2017 aangemeld en die buffelkarkas is vernietig,” het hy gesê.
Volgens hom het geen gevalle van miltsiekte by mense en vee voorgekom nie nadat die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste altesaam 724 mense, hoofsaaklik in die Mukwe-kiesafdeling, as voorsorgmaatreël teen miltsiekte ingeënt het. Altesaam 3 000 beeste in 11 krale en 1 010 bokke is ook teen die siekte ingeënt.
“Bewusmakingsveldtogte is van stapel gestuur en ons bedank die publiek vir hul samewerking en geduld tydens die operasie,” sê Muyunda.
Volgens hom het die ministerie met behulp van mnr. Jannie du Preez se Namibia Helicopter Services altesaam 216 diere ingeënt.
Dit sluit 125 swartwitpense, 65 bastergemsbokke, 15 tsessebes, 10 seekoeie en een leeu in.
SKENKING
“Die ministerie bedank Namibia Helicopter Services vir die skenking van entstowwe en helikopters, asook die regering van Botswana, die lugvleuel van die Namibiese polisie, en die veeartse drs. Ortwin Aschenborn en Caitlin Cossaboom vir hul ondersteuning.”
Muyunda het ook die NamPark IV-projek vir die voorsiening van beskermende klere aan personeel bedank en vir die onderhoud van toerusting.
Die span vir dié operasie het uit verteenwoordigers van die ministeries van die omgewing en toerisme, landbou, water en bosbou, gesondheid en maatskaplike dienste en visserye en mariene hulpbronne bestaan.
Miltsiekte is amptelik in November 2017 deur dr. Milton Maseke, die hoofveeartsbeampte van die direktoraat van veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en bosbou, bevestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie