• Tuisblad
  • Sport
  • Miller skud De Lange láát af in topklas resies

Miller skud De Lange láát af in topklas resies

Die land se twee Olimpiese kandidate het mekaar van begin tot einde opgedreun.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die bergfietsryers Alex Miller en Irene Steyn is Sondag as mans- en vrouewenners bekroon by die Nedbank nasionale veldresieskampioenskap wat by die IJG Trails-baan in Kleine Kuppe aangebied is.

Op 'n hoogs uitdagende baan het die elite mansresies tussen Miller en die 22-jarige verdedigende kampioen Tristan de Lange aan elke entoesias se verwagtinge van 'n wêreldklas mededinging voldoen.

Met beide se buitelandse ondervinding was dit geen verrassing dat hulle reeds ná die eerste rondte die res afgeskud het nie. Wanneer hulle mekaar aan die voorpunt afgewissel het, was dit vanweë aanvalle op fyn beplande oomblikke, want van samewerking was daar nie sprake nie.

Naby die einde van die sesde en laaste ronde het Miller egter opnuut strategies weggebreek om een minuut voor De Lange oor die eindstreep te ry. Die jongman van Helmeringhausen, in sy eerste jaar nadat hy sy junior skoene ontgroei het, het met wysvingers omhoog gewys hoeveel waarde hy aan sy eerste nasionale titel heg.

Die 18-jarige Miller beleef reeds 'n uitstekende jaar nadat hy in April vanjaar in die Afrika-kampioenskap se senior resies in Windhoek 'n merkwaardige bronsmedalje verower het.

Met net twee Suid-Afrikaners voor hom, het hy vir Namibië 'n enkele plek na die 2020 Olimpiese Spele in Tokio oopgejaag en Sondag se uitslag sal gewis deel van die kriteria vir die uiteindelike keuse uitmaak.

Laas naweek het Miller in sy debuut by 'n Wêreldbekerbyeenkoms in Frankryk 'n skouerbesering die vorige dag opgedoen, wat meegebring het dat hy ondanks die pyn moes vasbyt en met 'n 82ste eindposisie nie op sy beste was nie.

Sondag was hy en De Lange egter op hul stukke en het 'n baie strawwe gemiddelde tempo van 15 tot 16 minute per ronde gehandhaaf. Xavier Papo het die hele pad op sy eie gery vir die derde posisie.

In die elite vrouekategorie is Steyn die nuwe nasionale veldresieskampioen nadat sy meer as tien minute voor haar uitdagers klaargemaak het.

Michelle Vorster, die koningin van Namibiese bergfietsry en titelhouer in 2018, het op mediese advies besluit om die byeenkoms mis te loop hoewel sy reeds flink herstel van 'n stamp deur 'n motorvoertuig drie maande gelede toe sy op die B1-hoofpad fietsgery het.

Steyn het gerieflik voor Marion Schonecke (tweede) en Courtney Liebenberg klaargemaak.

In die junior mansresies, ook 'n UCI-kategorie, het die belowende Hugo Hahn die nasionale trui voor Dieter Koen ingepalm.

Die voorste uitslae:



ELITE VROUE (4 rondtes)

1 Irene Steyn 1:23:04

2 Marion Schonecke 1:37:09

3 Courtney Liebenberg 1:41:24

ELITE MANS (6 rondtes)

1 Alex Miller 1:30:05

2 Tristan de Lange 1:31:03

3 Xavier Papo 1:40:47

4 Christo Swartz 1:46:43

MANS ONDER 23 (6 rondtes)

1 Herbert Peters 1:43:24

2 Marcel Holtz 1:52:33

JUNIOR MANS (5 rondtes)

1 Hugo Hahn 1:28:33

2 Dieter Koen 1:38:52

VETERAAN MANS (4 rondtes)

1 Hans du Toit 1:10:17

2 Mannie Heymans 1:12:49

3 Ian Grassow 1:13:50

4 Greg Chase 1:14:25

5 Marcel Suren 1:15:27

SUBVETERAAN VROUE

(3 rondtes)

1 Nicola Fester 1:08:01

SUBVETERAAN MANS

(4 rondtes)

1 André Steinfurth 1:15:03

VETERAAN VROUE (3 rondtes)

1 Elanor Grassow 1:09:23

2 Susanne Borg 1:11:36

GROOTMEESTERS VROUE

(2 rondtes)

1 Elke Jagau 0:53:41

2 Berrit Graf 0:58:50

GROOTMEESTERS MANS

(2 rondtes)

1 Renier Taljaard 0:59:51

MEESTERS MANS (3 rondtes)

1 Piet Swiegers 0:53:33

2 Nick du Plessis 0:57:39

3 Stefan Bohlke 0:58:43

4 Michael Lowe 1:02:55

5 Kai Grossmann 1:11:35

MEESTERS VROUE (2 rondtes)

1 Antje Tietz 0:48:52

2 Barbara Ackermann 0:50:45

3 Carolin Janik 0:56:38

4 Ester Smith 0:56:49

SEUNS O.8 (1 kort rondte)

1 Johan Albert Vorster 0:08:23

2 Christo Nell 0:09:20

3 York Ahrens 0:10:33

4 Luke Coomer 0:11:10

5 Kiyaan Bossow 0:13:27

MEISIES O.10 (2 kort rondtes)

1 Nicole Suren 0:19:11

2 Lillian Marschall 0:20:12

3 Kyra Marschall 0:21:43

4 Anne Cramer 0:21:55

SEUNS O.10 (3 kort rondtes)

1 Micah Chase 0:21:39

2 Henry Chamberlain 0:23:13

3 Mike Olivier Baartman 0:25:24

4 Daniël Adriaan Hennes 0:27:09

5 Janro Greeff 0:27:09

MEISIES O.12 (3 kort rondtes)

1 Delsia Janse van Vuuren 0:20:33

2 Kylie Dickerson 0:23:09

3 Rosemarie Thiel 0:29:01

SEUNS O.12 (4 kort rondtes)

1 Roger Suren 0:24:16

2 Sean Lowe 0:24:29

3 Marco Thiel 0:24:59

4 Nathan Chase 0:26:01

5 Walter Alpers 0:35:47

MEISIES O.14 (4 kort rondtes)

1 Ada Kahl 0:29:29

2 Laura Engling 0:30:01

3 Danika Wiese 0:33:59

SEUNS O.14 (3 rondtes)

1 Daniel Hahn 0:50:22

2 Kevin Lowe 0:53:27

3 Adrian Key 0:57:34

4 Ricoh Steinfurth 0:58:33

5 Oskar Roeber 1:05:33

MEISIES O.16 (2 rondtes)

1 Monique du Plessis 0:43:06

2 Fiona Vorster 0:54:10

SEUNS O.16 (4 rondtes)

1 Ethan L'Estrange 1:12:12

2 Bergran Jensen 1:15:57

3 Francois du Plessis 1:29:52

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A