Miller gebruik geborgde wiele
Fietsry
Dis baie gewis nie elke tweede Namibiese sportman wat in 'n blink promosievoertuig met “Maatskappy X ondersteun Piet Pompies” in vet letters rondry nie – en nog minder 'n 19-jarige.
Die bergfietsryer Alex Miller het gisteroggend die sleutels van sy geborgde Nissan X-Trail nutsvoertuig in ontvangs geneem te danke aan sy borge Pupkewitz Megatech, Nedbank Namibia en Mannie's Bike Mecca.
Miller is ondanks sy jeugdigheid 'n sterk mededinger met twee Nedbank nasionale bergfietstitels asook 'n senior Afrika-bronsmedalje agter die blad. Hy het in die proses ook sy aanwysing as Namibië se uitsoekryer by die 2021 Olimpiese Spele in Tokio verseker.
Die plaasseun van Helmeringhausen in die verre suide het reeds vanaf sy eerste verskynings as 15-jarige in plaaslike resiese gewys dat hy 'n sterk vooruitsig is.
'NEDERIG VAN AARD'
“Alex is bedags hard aan die oefen onder leiding van sy afrigter, Hans du Toit, terwyl hy ook deur afstandsonderrig met sy graad 12-eksamens besig is. Om hom met 'n voertuig te help, is bloot nog 'n manier om ons verbintenis te wys om hierdie jong fietsryer te help om sy volle potensiaal te bereik.
“Alex se nederige aard en sy toewyding tot sy sport en sy groei maak ons as borge baie trots om hom te ondersteun,” het die drietal borge in 'n gesamentlike verklaring gesê.
• By die byeenkoms is ook reeds lippe afgelek oor die vooruitsigte van 'n warm kompetisie in die Nedbank Desert Dash (11-12 Desember) se kategorie vir tweemanspanne.
Miller het vir Braam Vermeulen as spanmaat (MBM Racing), terwyl Dan Craven en Tristan de Lange 'n gedugte duo in die kleure van Nedbank/Danste Industrial vorm.
Die talentvolle broers Marc en Kai Pritzen (Marathon Sugar) sal ook terug wees as die verdedigende kampioenpaar wat in 2019 met bykans 'n uur tydverskil gewen het. Marc was verlde jaar die SA o.23-padfietskampioen.
RMB Elite Cycling het ook twee gerekende spanne met Melki Hamukoto, Vianney Links, Tuhafeni Hamundjebo en Maurren Kleopas as ryers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie