Miller buit Afrika-goud in pronkvertoning
Die klein, maar sterk Namibiese span het hom gister behoorlik laat geld.
Andrew Poolman - Met drie medaljes in drie resiese het die Namibiese span gister weer bo sy gewigsklas presteer by die Afrika bergfietskampioenskap buite Egipte se hoofstad, Kaïro.
Alex Miller is die nuwe kontinentale junior manskampioen, terwyl Tristan de Lange (tweede o.23 mans) en Till Drobisch (derde van die elite mans) ook onderskeidelik met 'n silwer en brons weggestap het.
Miller het vroeg in sy resies weggebreek en het elkeen van die ses baanrondtes gemiddeld dertig sekondes vinniger as enigiemand anders afgelê, sê afrigter Hans du Toit. Elke rondte het twee steil klimdele bevat.
Miller was bykans vier minute vinniger as Keagan Bontekoning van Suid-Afrika, wat tweede klaargemaak het. Sy oorwinning was ook soet nadat hy by verlede jaar se Afrika-kampioenskap sy debuut met 'n bronsmedalje in Mauritius gemaak het.
Volgens Du Toit was die veertien nasies wat ryers na die kampioenskap gestuur het, die meeste nóg.
“Suid-Afrika het ook hul heel bestes gestuur en ek reken dit was 'n puik prestasie om die podium hier te haal.”
De Lange was verlede jaar in Mauritius die kontinentale o.23-kampioen en is hierdie keer net deur Jarrod van den Heever (RSA) geklop. Till Drobisch, wat ná jare as 'n padfietsspesialis oorgeskakel het, is net deur die Statebond-bronswenner Alan Hatherly en Stuart Marais (beide RSA) geklop.
Michelle Vorster het ná die pas afgelope Statebondspele nie na Egipte gereis om haar vrouetitel te verdedig nie. Gister se vrouewenner was Cherie Redecker (RSA), wat met die Namibiese ryer Heiko getroud is.
“Dit was vier lang weke vir Tristan wat laas week ook 'n stewige vertoning by die Statebondspele in Australië gelewer het. Tristan moes hard veg om in die tweede posisie te eindig, nadat hy in die derde baanrondte (uit ses) nog in die vierde posisie was. Tristan se Suid-Afrikaanse teenstanders was dalk ook varser, want hulle was nie Statebondspele toe nie.
“Till het ook baie goed gery. Op een rondte het hy 'n klein tegniese probleem ondervind, maar hy het dit reggekry om sy posisie te behou.
“Ons juniors het almal baie sterk vertoon. Ongelukkig het Dieter Koen baie vroeg 'n probleem met sy ratte opgedoen en moes hy die ganse resies so aangaan.
“Schalk van der Merwe was ook goed en verbeter met elke resies. Sy vyfde plek in Afrika is uitstekend en wys dat hy ook aan die verbeter is in vergelyking met sy Suid-Afrikaanse opposisie,” sê Du Toit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie