Miljoene vir vervalste maskers

Aanvraag groot vir beskerming teen Covid-19

21 April 2021 | Howe
Jana-Mari Smith – ‘n Chinese tabakmaatskappy met Swapo-bande eis N$6,5 miljoen van ‘n vennoot nadat ‘n ooreenkoms oor die invoer van gesigmaskers op die vooraand van die Covid-19 pandemie op ‘n bloutjie uitgeloop het.

Namibia Oriental Tobacco het reeds in November vir Mickir Supplies gedagvaar oor die voorsiening van 440 000 maskers.

Namibia Oriental Tobacco wou voorheen ‘n tabakplantasie in die Zambezistreek begin het, maar was ontevrede met die grootte van die grond wat die kabinet bereid was om hiervoor toe te ken.

Mickir se verweer is dat ‘n Suid-Afrikaanse besigheid 30 000 vervalste gesigmaskers aan hul verkoop het. Volgens Mickir het hulle in Junie 2020 meer as N$4 miljoen aan Mining World Investments oorbetaal vir 70 000 maskers.

Aan die einde van Augustus is 29 360 maskers volgens Mickir ontvang en N$600 000 is aan Oriental Tobacco betaal. Eers in Januarie is besef die maskers is vervals.

Mickir het regstappe teen hierdie verskaffer gedoen en ontken kontrakbreuk. Die respondente voer aan vennote het die risiko gelyk gedeel.

Oriental Tobacco se mnr. Lou Ming het op 10 Februarie 2020 ‘n ooreenkoms met mnr. Trevor Petersen aangegaan; deels skriftelik en deels mondeling. Die aanvanklike bestelling was vir 420 000 maskers ten bedrae van byna N$9 miljoen. Nog 20 000 maskers is bygevoeg teen die koste van ‘n bykomende N$423 000.

Die maskers moes op 24 Februarie 2020 in China afgelewer word vir versending na Namibië. Oriental Tobacco sou N$500 000 as deposito betaal en het ook N$6 miljoen aan Mickir voorgeskiet. Volgens die eisers is geen maskers egter uiteindelik ontvang nie.

Volgens Mickir kon hul aanvanklike leweransier in Suid-Afrika nie die bestelling eerbiedig nie en het die geld aan Mickir terugbetaal. Weens die “groot aanvraag” na maskers in Namibië het Oriental Tobacco glo ooreengekom dat ‘n ander verskaffer gebruik moet word. Mickir is ook versoek om die maskers in Namibië te help verkoop.

Die ooreenkoms is volgens Mickir teen Junie verlede jaar gewysig omdat pryse die hoogte in geskiet het. Hiervolgens sou Oriental Tobacco die kapitaal vir die transaksie voorsien.

Hier het Mining World Investments toe in die prentjie gekom.

Die saak is weer vir 10 Mei op die rol.

Mnr. Francois Erasmus tree namens Mickir op en me. Astrid Feris van Sisa Namandje en Vennote verteenwoordig Oriental Tobacco.
[email protected]

Soortgelyk

 

Skoolhoof van Swakop sterf aan Covid-19

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Huldeblyke het gister uit onderwys- en ander kringe ingestroom nadat die skoolhoof van Pro-Ed Akademie se hoër­skool op Swakopmund, mnr. Henry McCarthy,...

ReconAfrica voor hof gedaag

9 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer – Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het sonder konsultasie of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye wat wettiglik deur 'n familie by Mbambi...

Weer vir 10 Mei 2021

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm...

Nog NBC-werkers keer terug

9 ure gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking landswyd voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug. Die...

Noodkreet teen misdaadvlaag

9 ure gelede | Misdaad

Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen...

Dwelms van amper N$2 miljoen gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie is in April meer mense in besit van dwelms in hegtenis geneem as gedurende Maart. In Maart is 106 mense in...

Nuwe lewe in onooglike kraghuis geblaas

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Claudia Reiter – Die kunstenaars Kat en Lens het die mure van 'n transformator-substasie in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek geverf en verfraai. “Ons ry...

Geen partytjie vir Nujoma

9 ure gelede | Gemeenskap

Die kantoor van die stigterspresident Sam Nujoma het aangekondig hy gaan nie op 12 Mei sy 92ste verjaardag met 'n openbare byeenkoms vier nie. Dié...

Betaaldag hier vir Air Namibia se personeel

9 ure gelede | Vervoer

Ogone Tlhage – Die minister van openbare ondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het bevestig die regering het 'n gedeelte betaal van die N$278 miljoen wat...