Miljoene vir karre, minder vir armes
Jo-Maré Duddy
Sowat N$52 miljoen vir voertuie, maar net N$40 miljoen om informele woonbuurte in die hoofstad te ontwikkel.
Dít is van die Windhoekse munisipaliteit se kapitaalbegrotingsplanne vir 2018-'19, wat die stadsvaders hoop die goedkeuring van die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, wegdra.
Die stadspolisie sal die hele nuwe begrotingsjaar met omtrent N$31,9 miljoen moet sien kom klaar.
Die burgemeester se ampsierade van N$400 000 is deel van begrotingsdokumente in besit van Republikein. In dieselfde begroting is net N$100 000 vir 'n veilige hawe vir slagoffers van geweld en 'n skrale N$60 000 vir die Katutura-ouetehuis opsy gesit.
Daar's nie 'n sent vir speelparke of 'n beplande informele sport- en sokkerveld nie.
In totaal het die munisipaliteit 'n kapitaalbegroting van bykans N$934,2 miljoen aan Mushelenga voorgelê. In dié stadium is hy nie bereid om die begroting af te teken nie, het Mushelenga vroeër vandeesweek aan die koerant gesê.
Volgens die hersiene begroting vir verlede jaar, ook vervat in uitgelekte dokumente, het kapitaalbesteding sowat N$295 miljoen beloop. Die aanvanklike kapitaalbegroting vir 2017-'18, wat verlede jaar goedgekeur is, het vir ongeveer N$628,4 miljoen voorsiening gemaak. Die hersiene begroting is dus met 54% gesny.
Behuising
Op vanjaar se wenslys is bykans N$29,4 miljoen vir die ontwikkeling van Uitbreiding 4 van Goreangab, asook N$15 miljoen vir Okahandjapark A, B, C en D.
Vir eiendomsverkryging is N$10 miljoen geoormerk en N$8 miljoen vir die Windhoek-behuisingskema. Nóg N$20 miljoen is vir die “stadsraad se program vir behuisingkonstruksie” opsy gesit en N$8 miljoen vir die “Windhoek-behuisingskema”. N$40 miljoen is vir die ontwikkeling van woonbuurte.
Ander dienste
Vir die elektrifisering van informele woonbuurte is N$18 miljoen begroot, asook N$6,8 miljoen vir sanitasiegeriewe. Afgesien van voorsiening vir opknapping aan individuele paaie, is N$15 miljoen ook vir die teer daarvan begroot.
N$1,5 miljoen elk word vir bus- en taxistopplekke beplan, N$900 000 vir bykomende parkeergeriewe in die stad en N$1,2 miljoen vir die opknap van verkeersligte. Die begroting maak ook voorsiening vir N$600 000 vir voetgangersypaadjies.
Die munisipaliteit wil N$3 miljoen aan nuwe karwasgeriewe bestee. In totaal beplan hulle om sowat N$8 miljoen in die ontwikkeling van markte te belê.
N$1,2 miljoen is nodig vir 'n nuwe oond vir die krematorium en N$1 miljoen vir 'n begraafplaas in Rocky Crest.
Voorsiening word gemaak vir N$2 miljoen vir 'n nuwe brandweerstasie en nóg N$2 miljoen vir 'n brandweerstasie op Groot Aub.
Die stadsvaders wil N$1 miljoen aan groentetuine in gemeenskappe bestee en beplan om N$500 000 in die opknap van munisipale swembaddens in te pomp.
Om die kunsmatige oppervlak van Sam Nujoma-stadion te vervang, gaan N$5 miljoen kos.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie