Miljoene vanjaar vir lughawens nodig
Die Lughawensmaatskappy staan bakhand vir opgraderingswerk aan sy lughawens vanjaar.
Augetto Graig – Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het afgevaardigdes van handelsbanke gister op 'n toer deur die terminale by die opgegradeerde Internasionale Lughawe Hosea Kutako geneem in 'n poging om N$143 miljoen se finansiering te bekom om sy verbeteringsplanne by lughawens vanjaar te implementeer.
Wat sy vlagskip-lughawe betref, is N$154 miljoen van die N$250 miljoen wat die opgradering kos, reeds betaal.
NAC se uitvoerende hoof, mnr. Bisey /Uirab, het gister amptenare van plaaslike finansiële instellings op ’n toer van die lughawe geneem. Die staatsonderneming verantwoordelik vir die Namibië se lughawens soek geld vir ambisieuse planne om sy persele landswyd op te gradeer en te verbeter.
Vir 2021 soek NAC N$143 miljoen van Namibiese sakelui. Oor die volgende vyf jaar beplan NAC om sowat N$1,3 miljard vir agt lughawens te bekom om dit in pas met internasionale standaarde te bring en die persele oor die algemeen te verbeter, het hy gesê.
Volgens /Uirab beplan die NAC-direksie om Namibië as ’n internasionale logistieke middelpunt te omskep. Hulle beplan om die lugvaartbedryf so uit te brei dat Namibiërs vlieg as ’n normal reisopsie beskou. Hosea Kutako moet ook volgens die planne meer internasionale verkeer lok, insluitend uit Asië en die Amerikas.
“Voor die impak van Covid-19 het die NAC ’n lang pad gevorder om finansiële stabiliteit en stewige finansiele bestuursbeginsels te verseker,” het hy aan bankbestuurders gesê.
“Covid-19 het ons baie swaar getref, maar ons is vol vertroue dat dit tydelik is en ons sal weer terugbons. Die somber prentjie wat ons in die gesig staar, sal nie verewig duur nie,” sê hy.
Volgens /Uirab word noodsaaklike infrastruktuuronderhoud en ontwikkelingsprojekte uitgevoer en meer word beplan terwyl hofsake waarin NAC gewikkel was, drasties verminder is om risiko te verminder.
“Twee jaar gelede toe ek hier aangesluit het, was NAC by sowat 30 hofsake betrokke. Dit is afgehandel met die meeste wat ons gewen het en ’n paar waarin ons ’n skikking bereik het. Net nog een hofsaak duur voort, en ons het vertrou dat ons sal wen,” sê hy.
“Die volledige opgradering om Hosea Kutako aan internasionale vereistes te laat voldoen en opeenhoping te bekamp, sal NAC altesaam N$250 miljoen kos. Daarvan is N$154 miljoen reeds betaal”, het /Uirab gesê.
“NAC het ook N$20 miljoen aan Eros-lughawe se aanloopbaan te bestee.
“Verder beplan NAC om N$70 miljoen te belê in die uitbreiding van Hosea Kutako se aanloopbaan, N$16 miljoen aan ’n selfinboekstelsel te bestee, N$16 miljoen aan die rehabilitasie van die Ondangwa-lughawe se aanloopbaan, N$32 miljoen om Katima Mulilo s’n te verbeter, N$10 miljoen om ’n muur om Walvisbaai se lughawe te bou en nog N$4 miljoen vir elektroniese toerusting vir Walvisbaai, plus N$4 miljoen om die pad na Hosea Kutako op te gradeer.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie