Miljoene dollar vir BHP-fluitjieblaser
Die Amerikaanse Securities and Exchange Commission (SEC) het ’n persoon met binnekennis in BHP Billiton US$3,75 miljoen betaal om inligting vir sy ondersoek oor die beweerde omkopery van amptenare in Asië en Afrika te bekom.
Die Australian Financial Review het gister berig dit is die eerste keer wat ’n werknemer van ’n Australiese maatskappy ’n losprys van die Amerikaanse SEC gekry het.
BHP het in 2015 die saak met die SEC geskik en het US$25 miljoen betaal vir die klagtes wat daarmee verband gehou het dat hy Amerikaanse wetgewing oor omkopery oortree het.
Dit het gegaan oor BHP wat vir regeringsamptenare betaal het om die 2008 Olimpiese Spele in Beijing by te woon. Die SEC het die maatskappy daarvan beskuldig dat hy nie die program deeglik gemonitor het nie.
Die Australian Financial Review het nie inligting oor die getuienis bekend gemaak wat die fluitjieblaser verskaf het nie omdat die persoon se identiteit beskerm word.
BHP Billiton sê hy het saamgewerk met die owerhede en die daaropvolgende ondersoek deur die Amerikaanse departement van justisie.
“Ons is nie bewus van die betrokkenheid van enige fluitjieblaser in die ondersoek nie,” het BHP in ’n e-pos gesê.
“Ons respekteer en ondersteun beskerming vir alle fluitjieblasers.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie