Miljarde nodig vir watersekuriteit
Die regering ondersoek finansieringsmetodes om groot waterprojekte en -dienste oor die volgende vyf jaar te ontwikkel.
Elvira Hattingh
Die plaaslike watersektor moet in die volgende vyf jaar 'n begrotingsgaping van sowat N$11,7 miljard oorbrug om enkele mikpunte vir waterverskaffing en sanitasiediente te bereik.
Gevolglik het kenners vanoor die wêreld gister in Windhoek vir 'n rondetafelbespreking oor die finansiering van waterprojekte in Namibië vergader.
“Namibië ervaar reuseuitdagings met die bou van infrastruktuur vir die verskaffing van water en sanitasiedienste,” het die uitvoerende direkteur van landbou, water en bosbou, mnr. Percy Misika, tydens die geleentheid gesê.
Misika sê die eerste uitdaging het te doen met diensverskaffing in 'n land met 'n yl bevolkte nedersettingspatroon en tweedens is die droë klimaat en klimaatsverandering groot kwessies.
Namibië is die droogste land suid van die Sahara.
“Nege uit tien jare in Namibië word as swak reënjare beskou.
“Dit beteken ons ervaar slegs sowat een goeie reënjaar in 'n dekade, waartydens ons in sowat 55% tot 65% van ons eie vraag na graanprodukte kan voorsien.
“In ander jare voorsien ons meestal in tussen 25% en 54% van ons eie graanbehoeftes en die res moet ingevoer word,” het Misika gesê.
Hy sê dit is 'n netelige situasie om in te verkeer, want dit beteken Namibië kan nie sy eie voedselsekuriteit bewerkstellig nie.
Hy het ook na ander uitdagings verwys wat insluit finansiering om die agterstand in infrastruktuurontwikkeling in te haal, verouderde infrastruktuur vir grootmaatwaterverskaffing tussen waterbronne en tot by afleweringspunte van munisipaliteite, asook verouderde en beperkte infrastruktuur vir rioolwater.
Migrasie na dorpsgebiede is ook as 'n uitdaging uitgewys, wat groot druk op water en sanitasiedienste skep.
Misika het tydens die geleentheid gesê 'n infrastruktuurintensiewe sektor benodig reusebeleggings en dat die doel van die rondetafelbespreking veral is om gepaste finansieringsmeganismes te vind om groot waterprojekte en dienste te kan ontwikkel.
Die geleentheid is deur Open Africa Business gereel, 'n Dubai-gebaseerde besigheid, en sal volgens Misika aan die regering 'n platform bied om te illustreer hoe die Namibiese watersektor oor die volgende vyf tot tien jaar ontwikkel kan word.
NASIONALE BEGROTING
Misika sê die watersektor se ontwikkelingsbegroting tot 2022 is N$1,7 miljard vir infrastruktuurontwikkeling, waarvan 71% vir noodprojekte geoormerk is. Sowat 12% of N$204 miljoen sal vir waterverskaffingsinfrastruktuur in landelike gebiede gaan.
Hy het gesê daar is net sowat N$271 miljoen vir landelike waterverskaffing- en sanitasie-infrastruktuur begroot, hoewel N$2 miljard benodig word. Die tekort staan dus op meer as N$1,4 miljard.
“Boonop benodig NamWater oor die komende vyf jaar sowat N$12,6 miljard om nuwe waterskemas te ontwikkel en ou infrastruktuur te herstel.
“NamWater sê dit sal intern sowat N$2,3 miljard kan genereer, maar dit laat hulle met 'n gaping van N$10,3 miljard.”
Misika sê in Namibië is daar veral min geld vir die watersektor beskikbaar en openbare-private vennootskappe kan een manier wees om die kwessie aan te spreek.
Hy sê die regering se tegniese komitee van kenners vir waterverskaffingsekuriteit het verskeie aanbiedinge vanuit die private sektor ontvang om die huidige droogte te verlig en te help met toekomstige waterbehoeftes.
“Die regering ontwikkel tesame met die Afrika-ontwikkelingsbank 'n waterverskaffings- en sanitasiebeleggingsprogram wat as riglyn moet dien om openbare en private beleggings in die sektor te mobiliseer,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg die regering oorweeg tans om 'n waterskaarstefonds te begin wat tydens droogtes vir noodsituasies aangewend kan word.
TOEGANG TOT DRINKWATER, SANITASIE
Misika het gesê volgens die nasionale ontwikkelingsplan (NDP5) moet bevolkings in dorpsgebeide 100% toegang tot veilige drinkwater hê, terwyl 95% van die bevolking in landelike gebiede toegang moet hê.
“Tans het 95% Namibiërs op nasionale vlak toegang tot veilige drinkwater. Dit beteken 95% mense in elke 2,5 km² van die land het toegang tot veilige dringkwater.
“Daar is steeds gemeenskappe waar die naaste waterpunt tussen 5 en 7 km ver is. In landelike gebiede is dié toegangsyfer laer en staan dit op sowat 83%,” het Misika gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie