Miljard vir bekamping van MIV/vigs
Miljard vir bekamping van MIV/vigs

Miljard vir bekamping van MIV/vigs

Estelle de Bruyn
Amerika het onder die vaandel van sy Pepfar-program vir die bekamping van MIV/vigs in Namibië US$72,3 miljoen - nagenoeg N$1 miljard, bewillig. Dit is vir die 2018 finansiële jaar wat op 1 Oktober begin. Dit is Vrydag deur die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, mnr. Thomas F. Daughton, bekendgemaak. Ondanks reuse vooruitgang in die bekamping van die pandemie bly MIV/vigs die nommer een rede vir sterftes in Namibië met nagenoeg 3 900 mense wat die afgelope jaar aan die siekte gesterf het. Altesaam 13, 3 persent van Namibiërs tussen die ouderdom van 15 en 49 leef met MIV/vigs.

Kommentaar

Republikein 2025-06-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer