Militêre vragmotor slaan om, 13 dood
Altesaam 13 mense is dood en ten minste 30 ander beseer toe ’n militêre vragmotor in ’n besige straat in die hoofstad van Sierra Leone omgeslaan het. ’n Militêre woordvoerder het gesê die vragmotor het Maandag meer as 40 soldate van hul kwartiere na ’n begrafnis in Freetown vervoer toe die remme teen ’n steil afdraand onklaar geraak het en die vragmotor omgeslaan het. “Dit het omgeslaan en vir meer as 30 meter gegly. Agt soldate was onder diegene wat dood is. Dit is ’n ware tragedie vir ons,” het kapt. Yaya Brima gesê. “Ons ondersoek tans wat moontlik kon gebeur het dat een van ons eie voertuie op so ’n katastrofiese wyse onklaar kon raak.” Foto Netwerk24/Reuters
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie