Milisies hernu aanvalle in SAR
’n VN-vredebewaarder is in die jongste gevegte in die Sentraal-Afrikaanse Republiek dood.
Christelike milisies in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) het verskeie aanvalle op die dorp Bangassou in onlangse dae uitgevoer en probeer om ‘n katedraal waar hawelose Moslems skuil oor te neem. In die proses is ‘n Marokkaanse vredebewaarder dood, het die Verenigde Nasies (VN) bekend gemaak.
Die voorvalle, insluitende een op Sondag, kom ná aanvalle op dieselfde diamantmyndorp in Mei waarin minstens 115 mense dood is. Dit toon die onvermoë van VN-vredebewaarders om die geweld aan bande te lê in ‘n land waar regeringsbeheer nouliks buite die hoofstad strek.
"Die aanval het plaasgevind toe vredebewaarders van die Marokkaanse kontingent watertrokke begelei het wat in die rivier volgemaak is,” het Wladimir Monteiro, ‘n woordvoerder van die 13 000-sterk VN-sending, Minusca, gesê.
Drie ander is in die voorval beseer wat Monteiro aan anti-balaka-vegters, afkomstig uit die land se Christen-meerderheid, toegeskryf het.
Die Moslems skuil reeds sedert Mei se aanvalle in die katedraal en soos nagenoeg 500 000 ander in die land, het hulle nêrens om heen terug te keer nie omdat hul wonings in Mei in puin gelê is.
Die etniese en godsdienstige konflik het uitgebreek toe Moslem Seleka-rebelle in 2013 pres. Francois Bozize se bewind omvergewerp het en die weerwraak van Christen anti-balaka-milisies uitgelok het.
Die jongste voorvalle het daartoe gelei dat 14 humanitêre werkers van ses organisasies hul aktiwiteite in die dorp beëindig het.
Geweldpleging duur voort ondanks ‘n vredesooreenkoms wat verlede maand in Rome tussen die regering en mededingende faksies gesluit is. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie