Mielieprys wys paniek soos uurglas uitloop vir plant

Pryse vir wit- en geelmielies was in Desember reeds 30% hoër as die vorige jaar omdat Suid-Afrikaanse boere weens die droogte nie kon begin plant nie.
Riana de Lange - Termynkontrakte vir die komende mielie-oes styg skerp te midde van vrese vir ’n swakker oes.

Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van Agbiz, sê namate die optimale planttyd verbygegaan het, was pryse vir wit- en geelmielies in Desember reeds meer as 30% hoër as die vorige jaar.

Sihlobo sê dit kan mettertyd inflasiedruk op verbruikers en bedrywe vir dierevoer plaas. En uit die jongste termynkontrak-pryse blyk dit die mark raak net al hoe meer paniekerig.

Einde November – in groot dele die begin van die plantseisoen – was die prys vir witmielies vir lewering in Julie 2019 nog R2 419 per ton. Dié kontrakte het Vrydag teen R2 954 verhandel.

Geelmielies wys soortgelyke stygings. Die prys vir Julie-lewering was in November nog R2 392 per ton, maar Vrydag was dit R2 752.

Sihlobo skryf op sy blog weens die groot gebiede waar daar teen middel Desember nog nie aanplantings gedoen is nie, lyk Agbiz se oesskatting van 12,2 miljoen ton mielies vir die 2018-’19-seisoen (2017-’18: 12,9 miljoen ton) onrealisties.

Uit sy gesprekke met boere het dit geblyk teen 28 Desember was minder as 20% van die beplande hektare in die Vrystaat en Noordwes wel beplant.

Suid-Afrika se jaarlikse mielieverbruik is sowat 10,8 miljoen ton. Weens die vorige jare se goeie oeste is daar nog oordragvoorraad, maar die oes sal minstens 8 miljoen ton moet wees om invoer te vermy.

Hoewel mielieboere in die westelike Vrystaat en Noordwes uiteindelik aan die plant is ná goeie reën die afgelope week, waarsku kenners die opbrengs kan benadeel word omdat die optimale planttyd reeds verby is.

Elke uur tel nou en boere probeer so vinnig moontlik mielies in die grond kry weens die risiko dat ryp in April die mielies kan beskadig en die opbrengs kan raak.

Johan van den Berg, ’n landbouweerkundige van Santam, sê die grootste deel van die westelike produksiegebied (wes van die N1) het sedert 30 Desember tussen 30 mm en 80 mm reën gehad.

Boonop is daar kolle waar steeds te min reën geval het om te kan plant, soos Kroonstad en Schweizer-Reneke, sê hy.

Sedert 30 Desember het dit goed ge­reën in onder meer Hertzogville, Hoopstad, Bloemhof, Mafikeng, Bothaville, Frankfort, Potchefstroom, Groot-Marico, Ficksburg, Hennenman, Ermelo en Witbank.

Sihlobo sê dit is laat om nou mielies in die westelike Vrystaat en Noordwes te plant. Selfs al kry die jong plantjies in die komende weke goeie reën, kan die opbrengs ondergemiddeld wees as die ryp te vroeg kom.

MIELIEHOOFSTAD

’n Gebrek aan vroeë reën in onder meer Bothaville, bekend as Suid-Afrika se mieliehoofstad, Hoopstad en Viljoenskroon in die Vrystaat, en Noordwes het verhoed dat boere die optimale planttyd tussen 15 November en 15 Desember kon benut.

Dié gebiede lewer minstens 40% tot 50% van die land se mielies, sê Van den Berg.

Volgens hom is die volgende kritieke tyd vir reën vir mielies wat nou geplant word in Maart wanneer die gewasse blomstadium bereik.

Hoewel mielies tot in die blaarstadium met minder water kan klaarkom, is reën noodsaaklik in die reproduktiewe stadium. As dit dán baie droog en warm is, kan die oes ’n geraamde 5% tot 10% skade per dag opdoen – wat beteken ’n oes kan binne twee weke vernietig word, sê hy.

Omdat daar min ondergrondse vog is, is opvolgreën wel in Januarie en Februarie nodig. Sien ook die grafika oor grondvog hiernaas.

Sihlobo sê die beter neerslae tot dusver in die ooste van die land verklaar die verskil in die hoeveelheid grondvog in verskillende streke.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel reën teen 13 Januarie en weer teen 20 Januarie in die oostelike dele, maar minder vir die weste, sê Van den Berg.

Volgens die weerwaarnemer prof. Peet Pienaar se waarnemings vir die somerreëngebied, soos gepubliseer op www.landbou.com, kan ligte buie op 4 en 5 Februarie voorkom en goeie neerslae van 18 tot 23 Februarie.

Dan voorspel hy afwisselende reënbuie op 6 Maart en goeie neerslae van 20 tot 25 Maart. Hy meen die eerste ryp kan reeds in April voorkom, berig landbou.com.

Van den Berg sê historiese data wys in die Bothaville-omgewing begin dit gewoonlik in die laaste deel van April en vroeg Mei ryp. In 2007 het dit in sekere dele van die land al so vroeg soos middel Maart die eerste keer geryp.

As dit vanjaar voor 20 April ryp, gaan oeste taamlik skade opdoen. Die risiko van rypskade is groot, want mielies het sowat 120 dae groeityd nodig. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.12/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 853.60/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 911.22/OZ DOWN -0.0051 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.12/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 853.60/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 911.22/OZ DOWN -0.0051