Mielieboere kry goeie reën
Tanja Bause - Dele van Namibië het oor die naweek goeie reën gekry, met ’n haelstorm wat Saterdag in Cimbabasia in Windhoek voorgekom het.
Volgens die Grootfontein Boerevereniging se Facebook-blad het plase in die omgewing oor die naweek goeie neerslae aangeteken. Op Olifantsfontein is 31 mm gemeet, terwyl Hoba 45 mm aangeteken het. Op Shamalindi is 22 mm, Hanssenia 46 mm en op Aandrus 50 mm onderskeidelik uit die meters gegooi.
Mnr. Gustav Schultz het op die blad gesê hy het op 19 Desember mielies geplant het en die naweek se buie was die eerste groot reën wat hy ontvang het.
“Vanaf 25 Desember tot 31 Januarie het ons 25 mm gehad. Oor die naweek het ons die eerste groot reënbui gehad en 34 mm gemeet,” het Schultz geskryf. Inskrywings op die blad het ook verklap "mielieboere glimlag van oor tot oor".
Volgens die Namibiese weerkantoor is 50 mm reën by die Etosha-lodge en 45 mm by die Von Lindequist-hek gemeet.
Nog reënvalsyfers is Katima Mulilo 32 mm, Oshikango 11 mm, Oshakati 14 mm, Omuthia 10 mm, Grootfontein 38 mm, Eros-lughawe in Windhoek 10 mm en Gobabis 13 mm.
Sondag is 16 mm op Katima Mulio, 8 mm op Ondangwa 8 mm, 10 mm op Outapi en 15 mm op Nkurenkuru gemeet.
Volgens mnr. Richard Nashikaku van die weerkantoor word daar verspreide donderbuie vir vandag vir die noordoostelike streke asook die //Kharasstreek voorspel. Die binneland kan geïsoleerde buie verwag. Diévoorspelling geld ook vir die res van die week, terwyl reën oor die naweek vir die grootste dele van die binneland asook die Suide voorspel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie