Microsoft stuit Koreaanse kuberkrakers
Microsoft sê hy het 'n aanval deur 'n groep kuberkrakers bekend as Thallium afgeweer.
Die groep is vermoedelik van Noord-Korea afkomstig.
In 'n inskrywing op sy korporatiewe blog sê Microsoft dit wil voorkom of Thallium sensitiewe inligting wou bekom. Die groep het regeringsamptenare, dinkskrums, universiteitspersoneel en ander individue in die kernwapenbedryf aangeval.
Die meeste van Thallium se slagoffers woon en werk in Amerika, maar individue in Suid-Korea en Japan was ook in hul visier.
Noord-Korea het nie 'n goeie verhouding met sy suidelike buurman óf Japan nie.
Thallium het sy slagoffers deur 'n sogenaamde uitvissing-e-pos probeer aanval. Dié soort e-posse lyk op 'n haar soos die ware Jakob, maar is eintlik 'n vervalsing.
Microsoft het meer as 50 webwerwe oorgeneem wat Thallium gebruik het om gebruikers se persoonlike inligting te probeer bekom.
Die groep het ook indringer-programmatuur gebruik om rekenaarstelsels binne te dring en so gebruikers se inligting te steel.
Dit is nie bekend waarmee die groep weggekom het voordat hulle in hul spore gestuit is nie.
– Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie