Mexikaanse sakeman wil Erindi koop
Mexikaanse sakeman wil Erindi koop

Mexikaanse sakeman wil Erindi koop

Francoise Steynberg
Die internasionale entrepreneur, filantroop en president van die konsortium BAL-groep, mnr. Alberto Baillères, 'n gerespekteerde Mexikaanse sakeleier, is besig om die kooptransaksie met Erindi se eienaars te finaliseer.

Die aankondiging is pas in 'n mediaverklaring van die BAL-groep gemaak.

"Die transaksie is steeds onderhewig aan die Namibiese Mededingendheidskommsie vir goedkeuring en ander voorwaardes, maar alle ander regerings- en regulatoriese goedkeurings is verkry en word ten volle nagekom."

Werksgeleenthede by Erindi word ook verseker en selfs "nuwe en beter-betaalde geleenthede sal in die land - direk en indirek - geskep word".

Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-07-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer