Met dapper en stapper
Met dapper en stapper

Met dapper en stapper

Ronelle Rademeyer
Olaf Fourie van Windpomp 14 skryf:

Die 59-jarige Dave van Graan van Louis Trichardt in Limpopo, Suid-Afrika het die naweek hier by ons by Windpomp 14 langs die kus aangekom en twee nagte hier deurgebring.

Dave het op 1 Desember op Rosh Pinah in die pad geval en toe hy by ons aankom, het hy al 900 km gestap.

Hy doen dit om bewusmaking te skep teen stropery en die bewaring van renosters.

Hy gaan van hier af Uis toe stap en beplan om sy staptog die tweede week van Februarie by Ruacana te eindig.

’n Mens kan nie anders nie as om groot bewondering vir hom te hê.

Kommentaar

Republikein 2025-05-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer