Messi, Barca brom steeds vir mekaar
Sokker
Onderhandelinge tussen Lionel Messi en sy Spaanse sokkerklub, Barcelona, het ’n dooiepunt bereik.
Jorge Messi, dié superster se pa en agent, het Woensdag in ’n private straler na Barcelona gevlieg vir ’n gesprek met Josep Maria Bartomeu, die klub se president, maar daar was geen vordering in die onderhandelinge nie.
Hy het agterna aan Spaanse media gesê “hy weet niks nie”.
Die Argentyn het onlangs ná Barca se vernederende nederlaag teen Bayern München in die kwarteindronde van die Europese Kampioeneliga gesê hy wil van sy kontrak vrygestel word. Hy is ongelukkig met die span se onvermoë om die afgelope seisoen enige titels te wen.
Die 33-jarige Messi speel nog sy hele beroepsloopbaan vir Barca.
Hy het die afgelope Sondag nié opgedaag vir sy mediese en Covid-19-toetse nie en was Maandag ook nie by die eerste oefening van die nuwe seisoen nie.
Die Spaanse media berig die gesprek tussen Jorge en Bartomeu het in ’n goeie gees plaasgevind.
Bartomeu beskou Messi as ’n sleutelspeler in Barca se planne onder die nuwe afrigter, Ronald Koeman.
Die Argentyn sê hy het ’n klousule in sy kontrak wat hom toelaat om die klub sonder ’n oordragfooi te verlaat.
Barcelona en La Liga, die beheerliggaam van Spanje se topliga, stem egter nie saam nie en sê hy kan net ’n oordrag kry as ’n mededinger bereid is om hom teen €700 miljoen uit te koop.
Jorge het reeds vroeër gesê dit sal “baie moeilik” vir Lionel wees om in dié atmosfeer by die klub aan te bly. – Reuters
FOTO
Was dié nederlaag teen Bayern München in die Kampioeneliga die laaste sien van Lionel Messi in die kleure van Barcelona? Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie