Mesmoordenaar protesteer teen skuldigbevinding
'n Man wat op twee klagte van moord tereggestaan het, is gister in die Windhoek-streekhof skuldig bevind.
Jacqueline Louw - Henry Klein (24), wat deur landdros Elina Nandago skuldig bevind is aan die moord op twee mans, het gister luidkeels sy ongelukkigheid met dié uitspraak te kenne gegee voordat hy deur 'n polisiebeampte weggelei is.
Klein het tereggestaan op twee moordklagte wat uit twee verskillende voorvalle spruit.
Hy is daarvan beskuldig dat hy die 33-jarige mnr. Eddy Afrikaner op 31 Maart 2012 in Katutura met 'n mes doodgesteek het en dat hy in 2015 nog 'n moord gepleeg het deur die 27-jarige mnr. Charles Adonis Eichab op Oujaarsdag met 'n skerp voorwerp in die bors te steek.
Hy is skuldig bevind aan moord met direkte opset op die eerste moordklag en aan strafbare manslag in verband met die tweede klag.
Klein het aan die begin van sy verhoor onskuldig op beide klagte gepleit en dit aan die staat oorgelaat om sy skuld bo enige redelike twyfel te bewys.
Gedurende die verhoor het dit egter geblyk dat sy verweer dié van selfverweer in beide gevalle was, het landdros Nandago in haar uitspraak aangedui. Volgens getuienis gedurende die verhoor het Eichab en drie vriende op 31 Desember 2015 'n kan rooiwyn in 'n sjebeen in Havana in Katutura gekoop en daarmee buite gaan sit. Klein het by hulle aangesluit en wou drank by hulle kry. Eichab het vir hom gesê dat hulle vir een van die groep wag om vir hulle sigarette te bring voordat hulle gaan begin drink.
Klein het toe sy mes uitgepluk, die ongewapende Eichab in sy nek gesteek en weggehardloop, het 'n ooggetuie in die hof getuig. Eichab het op die toneel gesterf.
In verband met die tweede moordklag het Klein 'n skulderkenning gemaak wat by die hof ingedien is. In dié dokument voer hy aan dat Afrikaner hom van agter om die nek gegryp het en gesê het: “Jy sien my nie, ek sal jou een van die dae doodmaak.” Volgens die skulderkenning het Klein 'n mes uit sy sak gegryp en Afrikaner in die bors gesteek. Hy het verder gesê dat Afrikaner ook 'n mes uitgepluk het en dat hyself van die toneel gevlug het.
Landdros Nandago het tydens die lewering van haar uitspraak opgemerk dat die weergawe van Klein onwaarskynlik is, omdat dit nie vir hom moontlik sou wees om iemand in die borskas met 'n mes te steek terwyl hy in 'n greep van agter vasgevang was nie.
Sy het Klein vir hierdie voorval aan strafbare manslag skuldig bevind omdat hy die redelike grense van selfverdediging oorskry het.
Betoë vir vonnisoplegging sal op 13 Februarie aangehoor word.
Me. Quine Fenyeho het Klein verteenwoordig terwyl me. Menencia Hinda namens die staat opgetree het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie