Meroro oorwin in Rusland
Boks
Vikapita “Beast Master” Meroro het heelwat verlore eer herwin toe hy Saterdagaand met ’n woeste uitklophou op die voorheen onoorwonne Duitse bokser Shokran Parwani vorendag gekom het in hul nietitelgeveg in Moskou.
Die 29-jarige Parwani het tot Saterdag ’n belowende skoon rekord van 15 oorwinnings sonder ’n nederlaag, met 12 uitkophoue, opgebou.
Die 36ste Namibiese junior swaargewig het Parwani, wat in Afghanistan gebore is, in die sesde van die bestemde agt rondes uitgeslaan.
Hy het sy opponent met ’n regterhou platgeslaan en hoewel Parwani betyds op sy voete gekom het, het die skeidsregter dadelik die geveg beëindig. Die Duitser het onmiddellik sy ontsteltenis hieroor te kenne gegee.
Meroro het by die hoekpaal op die kryttoue gaan staan en met sy vuiste omhoog die oorwinning gevier, terwyl sy blye promotor Imms Moses hom ook skouerhoog in die kryt rondgedra het.
Meroro het agterna aan die nuusagentskap Nampa gesê hy het goed voorbereid gevoel en dat hy verdien het om te wen.
“Ek het doelbewus die geveg met ’n uitklophou probeer beëindig, wat in my vorige geveg in Tanzanië (teen Tervel Pulev van Bulgarye) het die tellinghouers my beroof. Ek wou nie die uitslag in hul hande laat nie, toe slaan ek hom uit.”
Meroro sê hy was geïnspireerd om ná drie opeenvolgende oorwinnings die vertroue van die Namibiese boksliefhebbers terug te wen, wat grootliks van mening was dat hy behoort uit te tree.
Meroro sê skermoefeninge teen manne soos Willbeforce Shihepo en die veel ligter oudwêreldkampioene Julius Indongo en selfs die oudliggewig Paulus Moses het gehelp om sy beweeglikheid op te skerp.
Sy promoter Imms Moses sê Meroro (30 gewen, tien verloor) bly ’n goeie bokser, wat bloot ongelukkig was om teen soveel wêreldklas opponente te staan te kom.
“Ons het besluit om voortaan vir hom opposisie in Rusland te soek, waar die junior swaargewigklas baie aktief is,” sê Moses.
’n Herontmoeting teen Parwani is glo een van die moontlikhede wat oorweeg word.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie