Merkel wil nog 'n termyn lei
Die resultate van ''n meningspeiling dui aan dat 55% van Duitse kiesers Angela Merkel vir nog ''n termyn as kanselier verkies.
Dr. Angela Merkel (62) het haar oog op nog ''n termyn as kanselier van Duitsland.
Sy het Sondag aan leiers van haar party, die Christen-demokratiese Party (CDU), bevestig dat sy haar vir ''n vierde termyn verkiesbaar wil stel.
Die verkiesing sal aanstaande jaar in September gehou word.
Haar besluit is deur haar party verwelkom. Angela Merkel staan vir stabiliteit, betroubaarheid en bedagsaamheid, het ''n senior CDU-lid, Julia Klöckner, gesê.
“Met haar openhartige en kalm geaardheid het sy Duitsland veilig deur die finansiële en ekonomiese krisis gelei,” het Klöckner gesê.
Die resultate van ''n meningspeiling wat gister bekend gemaak is, dui daarop dat 55% van die Duitse kiesers haar as kanselier vir nog ''n termyn verkies.
Haar party staan steeds, volgens die Emnid-peiling, sterker as sy sterkste mededinger en koalisievennoot, die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD).
In Duitsland is daar geen beperking op die getal termyne wat ''n kanselier mag dien nie. Sou sy verkies word, kan sy die 16 jaar van haar mentor, dr. Helmut Kohl, ewenaar.
Pres. Barack Obama van Amerika het haar verlede week as ''n uitstekende bondgenoot beskryf.
Sommige politieke kommentators bestempel haar in die lig van die verkiesing van Donald Trump as volgende Amerikaanse president as ''n bastion van Westerse, liberale waardes.
Haar aansien het egter ''n knou weg nadat sy verlede jaar besluit het dat Duitsland honderdduisende ontheemdes uit konflikgebiede in veral die Midde-Ooste moet inneem.
Die CDU het sedertdien in plaaslike verkiesings heelwat steun verloor terwyl steun vir die Alternative für Deutschland aansienlik gegroei het.
In September het sy ná ''n verkiesingsneerlaag in Berlyn vir haar party gesê sy wens sy kan die horlosie terugdraai ten opsigte van die immigrantekrisis.
Die SPD het nog nie formeel besluit of sy leier, Sigmar Gabriel, die huidige visekanselier, teen Merkel in die verkiesing sal staan nie.
Een van die SPD se leiers, Ralf Stegner, het gesê Merkel mag nie onderskat word nie, maar daar is ook nie meer sprake van onoorwinlikheid nie.
Merkel, wat haar party sedert 2000 lei, het nog nooit ''n streeksmagsbasis tot stand gebring nie, maar sy het potensiële opvolgers, almal mans, suksesvol op die agtergrond geskuif. Sy het dus nie ''n voor die hand liggende opvolger nie. Daar is ook sprake dat sy nie die volle termyn sal aanbly nie. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie