Merkel, Schulz debatteer op TV

Duitsland
NAMPA
Duitsland se kanselier, Angela Merkel, en haar sentraal-linkse opponent, Martin Schulz, het Sondag, drie weke voor die land se algemene verkiesing, in ‘n TV-debat mekaar die stryd aangesê.

Schulz, ‘n voormalige president van die Europese Unie (EU) se wetgewende liggaam, sê hy sal onderhandelinge met Ankara oor moontlike aansluiting by die EU weens pres. Recep Tayyip Erdogan se toenemende outoritêre beleid beëindig.

Merkel, wat voorheen twyfel oor Turkye se aansluiting by die EU uitgespreek het, het verseg om haar tot so ‘n stap te verbind. Sy het egter Erdogan se bewind skerp gekritiseer. "Turkye wyk teen die spoed van lig van demokratiese praktyke af,” het sy gesê.

"Of ons die deur vir Turkye toemaak, is iets wat ons sal moet sien,” het sy gesê en bygevoeg dat enige besluit met ander EU-lidlande gekoördineer moet word. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2025-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer